Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Noem haar nou maar dr. Tamaryn Green
Die voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green help ’n pasiënt in die hospitaal. Foto: Facebook/Tamaryn Green

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green is amptelik ’n dokter en dié 24-jarige boorling van die Paarl is in die wolke daaroor.

Sy het Maandag op sosiale Instagram gesê: “Dit is amptelik. Die uitslae is bekend. Jy kan my nou dr. Tamaryn Green noem. Aan God al die eer.”

Sy het medies aan die Universiteit van Kaapstad (UK) gestudeer en was in haar finale jaar toe sy as Mej. Suid-Afrika 2018 gekroon is.

Weens haar verpligtinge as Mej. Suid-Afrika het sy tydelik haar studies onderbreek. Sy het dit in April vanjaar hervat.

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green is nou amptelik ’n dokter. Foto: Facebook/Tamaryn Green

Adè van Heerden, eerste prinses in die Mej. Suid-Afrika 2017-kompetisie, het Green in ’n Instagram-plasing geluk gewens.

“Ek is so trots op jou, my Tam! Jy het volharding en dissipline getoon en dit het vrugte afgewerp. Veels geluk dat jy amptelik ’n dokter geword het!”

Die New Orleans Secondary School (NOSS) in die Paarl, waar Green skoolgegaan het, het haar op hul Facebook-blad gelukgewens.

“Groet die nuwe dr. in die huis. Baie geluk dr. Tamaryn Green. Die NOSS-familie is baie trots op jou. Welgedaan!”

Die skoolhoof, Andrew Groeneveld, het voorheen aan Netwerk24 gesê hoe trots hy en die skoolgemeenskap op Green is. In sy kantoor en in die voorportaal pryk groot foto’s van Green.

Talle van haar ondersteuners het haar ook gelukgewens.

“Dr. Tamaryn Green. Geluk. Baie liefde van die Filippyne,” skryf een persoon.

Nog ’n ander ondersteuner skryf: “Amen! Geluk! God is waarlik getrou. Die beste moet nog kom.”

Die Mej. Suid-Afrika-organisasie is vir navraag genader. Dit sal bygewerk word sodra dit ontvang is.

"Ons is trots op die wonderlike prestasie van ons nuwe ingelyfde dokter Tamaryn Green," sê Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej-Suid-Afrika organisasie.

"Ons het saam met Tamaryn die pad gestap op haar merkwaardige reis om 'n mediese praktisyn te word. Ons weet dat sy al die kenmerke besit wat in 'n geneser benodig word."

Carmen Katsapas, hoof finansiële bestuurder van die organisasie, sê: "Ons het haar lewensveranderende missie om die stigma teen TB, wat sy in 2015 as 'n derdejaar student opgedoen het, te beëindig."

"Haar #BreakTheStigma-veldtog - waar sy die Verenigde Nasies (VN) tydens haar jaar as Mej. Suid-Afrika toegespreek het - het baie gedoen om dié vrese rakend die siekte weg te neem."

"Sy gaan vorentoe met ons liefde en ondersteuning."


Meer oor:  Tamaryn Green  |  Mej. Sa  |  Dokter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.