Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Nog 2 mag teen Cuba Gooding jr. getuig
Cuba Gooding jr.Foto: Gallo Images/Getty Images

Nog twee vroue mag teen Cuba Gooding jr. (52) getuig in ’n saak waarin drie vroue die akteur daarvan beskuldig dat hy hulle in 2018 en 2019 in kroeë in Manhattan betas het, het ’n regter Woensdag beslis.

Volgens die staatsaanklaers is daar 19 ander vroue wat ook beweer dat die Oscar-bekroonde akteur seksueel onvanpas in kroeë, hotelle en restaurante teenoor hulle opgetree het.

Die klagte teen hom strek so ver terug as 2001, maar die meeste daarvan is te oud vir vervolging. Dit het glo in sewe Amerikaanse deelstate plaasgevind.

Gooding word tans net van die betasting van die drie vroue aangekla. Sy verhoor begin op 21 April. Staatsaanklaers is van mening dat die bykomende getuies meer geloofwaardigheid aan die drie se bewerings sal gee.

Volgens The New York Times  gee die hofbeslissing dat die twee vroue mag getuig ook die staatsaanklaers die geleentheid om te argumenteer dat die beweerde misdrywe oor die jare heen ’n patroon uitmaak.

Volgens ABC News  het die regsverteenwoordiger van Gooding, wat skuld ontken, voorheen die bewerings teen sy kliënt as ongeloofwaardig en ’n vermorsing van belastingbetalers se geld afgemaak.

* Die getuienis van die vroue wat die akteur Bill Cosby en die vervaardiger Harvey Weinstein van seksuele misdrywe beskuldig het, maar nie self in ’n hofgeding met hulle betrokke was nie, was volgens The New York Times deurslaggewend in dié twee mans se skuldigbevinding.


Meer oor:  Cuba Gooding Jr.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.