Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Nog onthullings in gewilde boek oor Harry en Meg

Prins Charles se amptelike foto vir sy 70ste verjaardag saam met sy gesin was ’n “absolute nagmerrie” om te beplan omdat sy seuns glo “warm en koud” teenoor hom was, word beweer in ’n omstrede boek wat Dinsdag uitgereik is.

Finding Freedom, die nieamptelike biografie oor prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, vertel hoe die prins en Meghan mekaar ontmoet het, hul liefdesverhaal, uiteindelike troue en hoe hulle besluit het om as senior koninklikes terug te staan en hul heil in Amerika te gaan soek.

Op die foto wat ter ere van prins Charles se mylpaalverjaarsdag in 2018 uitgereik is, sit die prins met prins George op sy knie en prinses Charlotte tussen hom en sy vrou, Camilla, die hertogin van Cornwall. Catherine, hertogin van Cambridge, staan met prins Louis in haar arms langs prins William, met Meghan tussen William prins Harry.

Volgens ’n bron wat in die boek aangehaal word, was dit moeilik om die fotosessie te reël, want “nóg William nóg Harry het die moeite gedoen om hulself beskikbaar te stel”.

Charles se verhouding met Harry word ook in die boek as “ingewikkeld” beskryf. Dit is slegs een van vele beweringe wat in die boek gemaak word.

Die medeskrywers Omid Scobie en Carolyn Durand lewer baie gedetailleerde beskrywings van Harry en Meghan se intieme oomblikke en innerlike gedagtes, maar die Sussexe ontken dat hulle onderhoude aan die skrywers toegestaan het.

Scobie het kort voor die boek se bekendstelling in onderhoude gesê hy en Durand het met baie van die paartjie se vriende gepraat.

Volgens die koninklike kenner Penny Junor het die skrywers beslis buitengewoon persoonlike en private besonderhede oor die Sussexe vir die boek bekom.

Volgens die koninklike kenner Penny Junor het die skrywers beslis buitengewoon persoonlike en private besonderhede oor die Sussexe vir die boek bekom.

“Ons moet die paartjie se woord daarvoor neem dat hulle nie met die skrywers gepraat het nie. Wat egter baie duidelik lyk, is dat hulle kop in een mus met die skrywers was. Indien nie, sou hulle ’n groot bohaai oor die boek gemaak het. Ek vermoed hulle het hul storie en hul gevoelens oor hoe hulle behandel is, aan vriende gegee.” Dié goed ingeligte vriende het met die skrywers gepraat.

In die boek word byvoorbeeld geskryf dat Harry sy pa onmiddellik gebel het toe Charles uitgevind het hy is positief vir die koranavirus getoets. Harry was volgens die boek steeds bekommerd oor sy pa, al het dokters gesê Charles het net ligte simptome. Hy het sy pa gereeld gebel terwyl hy in isolasie was, word in die boek geskryf.

Die skrywers sê ook in die boek dat Meghan prins Charles as ’n vaderfiguur sien – en dat hy ewe lief is vir haar. Daar word gesê dat sy ’n noue band met die prins gevorm het en dat sy hom as haar “tweede pa” beskou.

Meghan se eerste ontmoeting met koningin Elizabeth word ook breedvoerig in die boek beskryf. Van hoe sy met die koningin se private hysbak na haar wooneenheid in Buckinghampaleis geneem is en hoe die koningin se honde hulle om Meghan se voete tuisgemaak het. – Bronne: The Sun, Daily Mail, Express en The Telegraph

Meer oor:  Meghan  |  Prins Harry  |  Finding Freedom  |  Koninklikes  |  Boek  |  Britse Koninklikes  |  Biografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.