Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Nou is dit mooiste dr. Rolene

Eers Mej. Wêreld, nou mediese dokter.

Rolene Strauss was Donderdag een van sowat 107 studente wat hul mediese graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ontvang het.

Dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van Gift of the Givers, was die gasspreker op die geleentheid.

Met ’n goudkleurige uitrusting en ’n groot glimlag op haar gesig het Rolene trots op die verhoog gestap en haar graad gekry.

Haar ouers, Hennie en Theresa, haar man, D’Niel, en hul seun van amper een jaar, het ook die seremonie bygewoon.

Met die lees van haar naam, het prof. Gert van Zyl, dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe, gesê: “As jy gewonder het, ja, jy is korrek. Die voormalige Mej. Wêreld.”

Rolene het die eer gehad om die Gelofte van die Graduandi in Geneeskunde in Afrikaans voor te lees waarin die nuwe dokters onder meer belowe om hul beroep pligsgetrou en met waardigheid te handhaaf.

Rolene wou nie ná die seremonie met die media praat nie, maar het belowe om later ’n mediaverklaring uit te stuur oor dié groot gebeurtenis in haar lewe.

Voor sy boodskap, het Sooliman hulde aan Pierre en Yolandé Korkie gebring.

“Op 6 Desember was dit drie jaar gelede wat Pierre dood is,” sê hy.

“Yolandé is ’n baie getroue vriend en ook deel van die UV. Sy het, ná wat met haar en Pierre gebeur het, niks haat of negatiewe emosies teenoor enigiemand gehad nie.

“Sy wys die waardes waarvolgens almal moet lewe.”

Hy het ook in sy boodskap aan die graduandi gesê dat, hoewel hulle nou gekwalifiseerde dokters is, hulle nog nie te slim is nie.

“Jy sit nou hier en dink: ‘Ek het dit! Ek het dit gemaak.’ Maar ek sê vir jou: Jy het dit nog nie gemaak nie. Die rede hoekom jy hier sit, is alles net deur die genade van ons almagtige God.”

Hy het die graduandi gemaan om altyd met respek, liefde en vriendelikheid op te tree.

“Wees die beste in wat jy doen vir die res van jou lewe.

Rolene Strauss gooi haar akademiese hoed in die lug nadat sy graad gevang het. Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss glimlag breed nadat sy haar graad gekry het. Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss staan vir foto’s ná haar gradeplegtigheid.Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss toe sy die Gelofte van die Graduandi in Geneeskunde aan die nuwe dokters voorlees.Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss net nadat sy haar band en sertifikaat op die verhoog ontvang het. Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss stap met ’n groot glimlag van die verhoog af. Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss ontvang haar band tydens haar gradeplegtigheid. Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss voor die gradeplegtigheid begin. Foto: Mlungisi Louw

Rolene Strauss ná die tyd saam met haar ouers en man. Van links is Hennie Strauss, haar pa, Rolene, D’Niel, haar man, en haar ma, Theresa. Foto: Mlungisi Louw

Dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van Gift of the Givers, spreek die studente toe. Foto: Mlungisi Louw

Dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van Gift of the Givers. Foto: Mlungisi Louw

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.