Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Nuwe sake van seksuele teistering ondersoek

Nuwe sake van seksuele teistering word deur Los Angeles se distriksprokureur teen die rolprentvervaardiger Harvey Weinstein, die aksieheld Steven Seagal en die akteur Anthony Anderson ondersoek.

Steven Seagal. Foto: Getty Images
Anthony Anderson. Foto: Getty Images
Harvey Weinstein. Foto: Getty Images

Die saak teen Weinstein is die sesde wat deur aanklaers in Los Angeles ondersoek word.

Greg Risling, ’n woordvoerder vir die distriksprokureur, het Donderdag geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.

Verteenwoordigers van Weinstein, Seagal en Anderson, wat in die TV-reeks Black-ish te sien is, het nie Donderdag onmiddellik op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Weinstein (66) word deur drie aanklagte van seksuele teistering in New York in die gesig gestaar. Hy is deur meer as 70 vroue van seksuele wangedrag beskuldig, maar ontken dat hy ooit sonder toestemming seks met enige vrou gehad het.

Die aantygings teen Weinstein het in 2017 tot die #MeToo-veldtog op sosiale media gelei.

Seagal (66) wat in die 1980’s in flieks soos Under Siege bekendheid verwerf het, is in 2016 tot Russiese burger verklaar deur pres. Wladimir Poetin. Hy is vroeër vandeesmaand as ’n spesiale verteenwoordiger vir humanitêre bande tussen Rusland en Amerika aangestel.

Die bewerings teen Anderson (47) is in Julie die eerste keer in die Amerikaanse media genoem. Volgens die webtuiste The Blast het ’n vrou ’n klag by die polisie in Los Angeles aanhangig gemaak waarin sy beweer dat die akteur haar verlede jaar aangerand het toe sy die spysenier was by ’n geleentheid wat Anderson aangebied het. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.