Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Ondersoek na dood van Cranberries-sanger afgehandel

Die oorsaak van Dolores O’Riordan, hoofsanger van The Cranberries, se dood in Januarie is verdrinking.

Daar is ook in die geregtelike doodsondersoek bevind dat sy ten tyde van haar dood in die bad van haar hotelkamer in Londen onder die invloed van alkohol was.

Shirley Radcliffe, lykskouer, het bevind dat O’Riordan se dood in die Hilton Hotel in Londen ’n ongeluk was, berig CNN.

Sy was een van Ierland se suksesvolste en bekendste kunstenaars

Dolores O'Riordan in Hong Kong in 2007. Foto: Reuters

O’Riordan was in Londen om opnames te maak voor ’n beplande toer toe sy dood is.

Natalie Smart, ’n polisielid wat op die toneel was, het getuig dat O’Riordan in ’n bad in haar hotelkamer aangetref is. ’n Bottel sjampanje en houers met voorskrifmedisyne is onder meer in die kamer gekry.

Toksikologiese toetse het bevind dat O’Riordan “terapeutiese” medisyne in haar bloed gehad het en dat sy vier keer oor die wettige alkohol-perk was.

O’Riordan het op 22-jarige ouderdom wêreldbekend geword toe The Cranberries se eerste album, Everybody Else Is Doing It, So Why Can’t We?, met die liedjies “Linger” en “Zombie” boaan trefferparades geboer het.

In 2014 het sy in ’n onderhoud vertel dat sy bipolêr is en dat sy sukkel om die verbrokkeling van haar huwelik te verwerk.

The Cranberries was naas U2 die suksesvolste Ierse musiekgroep. U2 het Maandag in ’n twiet gesê hulle is verpletter deur haar dood.

Meer oor:  Cranberries  |  Nadoodse Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.