Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
One Direction-sanger se 18-jarige suster dood
Félicité TomlinsonFoto: Getty Images

Félicité Tomlinson, die 18-jarige suster van Louis Tomlinson van One Direction, is dood in haar woonstel gevind, berig The Sun.

Die polisie en ambulanspersoneel was op die toneel, maar Félicité was reeds dood. Die oorsaak van haar dood word in hierdie stadium beskryf as “onbekend” en ’n lykskouing sal gedoen word.

Félicité, wat 1,3 miljoen volgelinge op Instagram gehad het, wou glo ’n modeontwerper word.

Tomlinson sê hy is verpletter en het haar beskryf as “liefdevol, slim en pragtig”, berig MailOnline.

Daar word vermoed dat Félicité moontlik ’n hartaanval gehad het. Geen dwelms is glo op die toneel gevind nie, berig USA Today.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.