Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Ongemak toe William Japan met China verwar
Prins William by die opening van ‘n Japannese kultuursentrum in Londen. Foto: Getty Images

Prins William het so reg in die tradisie van sy oupa, prins Philip, ’n groot flater begaan toe hy Japan en China verwar het, berig CNN.

Prins William het by die opening van ’n Japannese kultuursentrum in Kensington, naby Buckingham-paleis, met skoolkinders gesels oor hoe om met stokkies te eet.

Die prins het, vergesel van die Japannese adjunkpremier, Taro Aso, aan die kinders gevra of hulle al heelwat Chinese kos geëet het.

Dié opmerking is met ’n ongemaklike stilte begroet.

“Jammer, Japannese kos. Het julle al heelwat Japannese kos geëet?” het hy toe gevra.

Dit is die tweede keer in ses weke dat ’n Britse hooggeplaaste Japan en China verwar.

Jeremy Hunt, die Britse minister van buitelandse sake, het homself verspreek en per ongeluk na sy Chinese vrou as ’n Japannese vrou verwys.

“My vrou is Japannees,” het hy gesê en toe hy sy flater besef, bygevoeg: “My vrou is Chinees.”

Die Evening Standard berig prins William het hierna ryswyn gedrink toe hy ’n heildronk ingestel het en gesê die salmsoesji is heerlik.

“Ek en my vrou is baie lief vir soesji. Ons sal dalk hierheen kom vir middagete as niemand anders hier is nie,” het hy gesê.

Hy het ook ’n grap gemaak en gesê solank mense wat by die kultuursentrum eet net nie vir ’n hamburger vra nie.



Meer oor:  Prins William  |  Japan  |  China  |  Kultuur  |  Verwarring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.