Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Orkaan Meghan’ tref paleis

“Orkaan Meghan” – oftewel Meghan, hertogin van Sussex, krap glo paleisamptenare se gewone manier van dinge doen om, berig die Mail on Sunday.

Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, in Augustus by ’n teatervertoning in Londen. Dit is veral dié minirok wat die wenkbrou in die paleis laat lig het. Koningin Elizabeth hou glo nie daarvan dat koninklike vroue knieë wys nie. Foto: Getty Images

Die 37-jarige hertogin se werkywer, sy was immers jare lank ’n aktrise wat gewoond was aan vroegoggend opstaan om op die stel te wees, is iets waaraan paleisamptenare nog gewoond moet raak.

Die hertogin is glo soggens om 05:00 op en aan die gang en sal tot sewe teksboodskappe per dag aan lede van haar en prins Harry se span stuur met versoeke of vrae oor haar rol.

Sy besoek ook gereeld gewone Britse mense, veral diegene wat by liefdadigheidswerk betrokke is, berig The Sun.

Of dit dié warrelwind-benadering is wat reeds drie van haar en prins Harry se span die hasepad laat kies het, weet g’n mens nie. Katrina McKeever, ’n senior skakelpersoon wat veral kontak met Meghan se familie gehad het, het haar pos in September verlaat, berig die Mail on Sunday.

Edward Lane Fox, prins Harry se private assistent, het reeds in April die prins se diens verlaat en is vervang deur Samantha Fox, wat op koningin Elizabeth se aandrang tydelik vir die prins en Meghan sou help. Fox was voorheen die koningin se private assistent-sekretaris.

Onlangs is berig dat ’n assistent, net haar voornaam, Melissa, is bekend, stil-stil haar pos as een van Meghan se helpers verlaat het.

Meghan, wat ook tydens haar eerste groot oorsese toer na Australië reeds om 04:00 op was om joga te doen, se manier van dinge doen, staan glo nie alle paleisamptenare aan nie.

Haar voorliefde om swart te dra krap sommige mense om omdat swart hoofsaaklik as ’n kleur van rou in die koninklike familie gedra word.

Die sykouse

Boonop is haar modekeuse meer Hollywood en gewaag. Haar voorliefde om nie sykouse te dra nie, maar eerder ’n skoen met ’n oop hak om só die sykouse te vermy, is ook strydig met koningin Elizabeth se voorkeur dat vroulike lede van die koningshuis nie sonder ’n sykous in die openbaar verskyn nie.

Die blyplek

Boonop is daar tans gissings wat die rondte doen dat prins Harry en sy swanger vrou vir hulle blyplek buite die Kensingtonpaleis-kompleks soek, berig die Mail on Sunday. Prins Harry en Meghan sou na verwagting in die huis langs dié van prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, ingetrek het, maar nou is daar sprake dat hulle dalk na die St. Jamespaleis kan trek waar daar ook wooneenhede is. Bespiegelings dat hulle ’n huis buite die paleis soek, kan dalk problematies wees wat veiligheid betref.

Meer oor:  Harry  |  Meghan  |  Koninklike Familie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.