Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Oud-Mej. SA vaar uit oor teistering van vroue
Liesl Laurie het Donderdag hierdie foto van haar op Twitter gedeel. In die inskrywing veroordeel sy onder meer die verkragtings van en moorde op vroue. Foto: Twitter/Liesl Laurie

“Nadat ek vandeesweek vir die derde keer in ’n parkeerterrein geteister is . . . En vandag het ’n man vir my gesê om te f*kof omdat ek nie op sy toenadering reageer nie! EK IS MOEG!!!”

So skryf die voormalige Mej. SA, Liesl Laurie, op Twitter met ’n emoji van ’n gebroke hartjie daarby.

Sy het in 2015 die kroon as Suid-Afrika se mooiste vrou gedra en is nou ’n radio-aanbieder by Jacaranda FM.

Sy het ook Donderdag ’n foto van haar in ’n swart hemp saam met die Twitter-inskrywing geplaas met die volgende woorde in wit hoofletters daarop gedruk: “I Hope I don’t get killed for being a woman in SA today.”

In ’n daaropvolgende inskrywing sê sy ’n man het haar onlangs gevra waarom sy nooit in die natuurreservaat langs haar huis gaan draf nie.

Haar antwoord was dat sy nie verkrag of vermoor wil word nie.

“Daardie reaksie het gekom sonder dat ek eers gedink het, want dit is die werklikheid waarin ons as vroue in Suid-Afrika leef.”

Luidens inligting wat Laurie via Woman for Change bekom het, word ’n vrou elke drie uur vermoor, ’n kind elke vier uur en elke 29 sekondes word ’n vrou verkrag.

“Ons leiers is bewus van wat gebeur en is elke tweede dag ‘woedend’,” skryf die oud-skoonheidskoningin.

Laurie doen ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa en Bheki Cele, minister van polisie, om teen hierdie misdadigers op te tree.

“JULLE MOET STAPPE DOEN. REGTE STAPPE,” is in hoofletters geskryf.

“Ons verdien soveel beter as om die heel tyd in vrees te lewe.”


Meer oor:  Liesl Laurie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.