Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Ozzy Osbourne hét Parkinson se siekte

Ozzy Osbourne (71), die Britse rockster, het Dinsdag in ’n onderhoud onthul dat hy Parkinson se siekte het.

Osbourne, wat verlede jaar ’n konsert weens gesondheidsredes moes uitstel, het op ABC se Good Morning America gesê hy het die diagnose in Februarie 2019 ontvang nadat hy by die huis geval en sy nek geopereer is.

Hy het onlangs ook longontsteking, ’n infeksie in sy hand en komplikasies met griep gehad.

Ozzy Osbourne Foto: Reuters

Osbourne het voorheen ontken dat hy Parkinson se siekte het, maar sê nou hy wil oop kaarte met sy aanhangers speel.

“Hulle is my suurstof, jy weet. Ek voel beter. Ek het nou erken dat ek inderdaad Parkinson se siekte het. En ek hoop net hulle hou aan om my te ondersteun en om daar te wees vir my omdat ek hulle nodig het,” het Osbourne gesê, terwyl hy langs sy vrou, Sharon, gesit het.

Osbourne sê hy gebruik medisyne vir Parkinson se siekte, asook pille vir sy senustelsel.

Hy sê hy werk daaraan om weer op te tree. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.