Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Paleis onthul hoeveel Harry, Meghan se nuwe huis kos

Britse belastingbetalers moet sowat R43 965 552 vir die restourasie van prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, se woning opdok.

Meghan en prins Harry, die hertog en hertogin van Sussex. Foto: Getty Images

Buckingham-paleis sê in ’n verklaring dat die opknappingswerk aan Frogmore Cottage £2,4 miljoen beloop maar dat Harry en Meghan self vir die meubels en ander toebehore betaal het.

Michael Stevens, koninklike tesourier, sê Frogmore Cottage is jare laas opgeknap en dit was tyd dat dit gedoen word.

Hy sê die ou infrastruktuur is vervang om die volhoubaarheid van die huis vir die toekoms te verseker.

Die huis is deel van die koningin se eiendom by Windsor-kasteel. Die gebou is in vyf verskillende huise omskep en daar was reeds planne om die huis te restoureer voordat besluit is dat Harry en Meghan daar gaan intrek.

Hulle het reeds in Mei voor die geboorte van hul eersteling, Archie, by Frogmore Cottage ingetrek. – Reuters

Meer oor:  Frogmore Cottage  |  Londen  |  Brittanje  |  Prins Harry  |  Sussex  |  Britse Koninklikes  |  Meghan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.