Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Paleis oorweeg glo om ‘hoof van diversiteit’ aan te stel

Buckinghampaleis oorweeg dit om ’n hoof van diversiteit aan te stel om meer aandag aan dié kwessie te gee omdat “meer gedoen moet word”.

Die voorstel geniet die steun van die koninklike familie wat twee weke gelede deur Meghan, hertogin van Sussex, in ’n onderhoud wat sy en prins Harry aan Oprah Winfrey toegestaan het, die koningshuis van institusionele rassisme beskuldig het.

Volgens hulle het familielede van Harry nog voor hul troue met hom gepraat oor die moontlike velkleur van hul kinders. Meghan het ook verkeerdelik gesê haar en Harry se eersteling, Archie, is nie as ’n prins gebore nie al is hy die eerste koninklike van gemengde afkoms.

Volgens ITV se redakteur van koninklike sake, Chris Ship, is daar reeds beleide, prosedures en programme in die koninklike huishoudings om vir diversiteit voorsiening te maak, “maar is daar nie die vordering gesien wat graag gesien sou wou word nie en word daar aanvaar dat meer gedoen kan word. Ons kan altyd verbeter”.

Koningin Elizabeth Foto: Getty Images

Mailonline het Sondag eksklusief berig koningin Elizabeth wil ’n hoof van diversiteit aangestel. Al drie huishoudings – Buckinghampaleis, Clarence House en Kensingtonpaleis – gaan oor die volgende paar weke “luister-en-lees-oefeninge” doen waartydens daar met maatskappy en individue geraadpleeg sal word oor hoe die monargie sy verteenwoordiging kan verbeter. Aandag sal gegee word aan etniese minderhede, gestremdes asook gay en transgemeenskappe.

Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, tydens hul openhartige onderhoud met die TV-persoonlikheid Oprah Winfrey. Foto: Reuters

Harry het in gesprekke met Oprah dit duidelik gestel dat dit nie sy ouma of oupa, prins Philip, was wat met hom oor die velkleur van sy toekomstige kinders by Meghan gepraat het nie.

Prins William het enkele dae nadat die onderhoud uitgesaai is, tydens ’n openbare geleentheid ontken dat die familie rassisties is. ’n Kameraman van SkyNews het terwyl William saam met sy vrou, Catherine, ’n skool in Londen besoek het, vir die prins gevra of die koninklike familie rassisties is. “Ons is beslis nie ’n rassistiese familie nie,” het William geantwoord.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.