Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Paleis vra 'begrip' oor Markle se pa nie troue toe kom

Die skokaankondiging Maandagaand dat Thomas Markle sr. sy dogter en haar aanstaande koninklike skoonfamilie verdere skande wil spaar deur nie sy dogter se troue by te woon nie, moes as 'n groot skok vir die bruid gekom het.

Lees: Meghan se pa sê skielik hy kom nie meer troue toe

Kensington-paleis het die media versoek om die ‘begrip en respek’ wat hulle vir prins Harry en Meghan het na Markle uit te brei.

Markle sr. het aan TMZ bevestig dat hy nie meer na Londen gaan reis vir die troue nie.

Die Mail on Sunday het Sondag eksklusief berig dat foto’s - wat die Daily Mail self gekoop en gepubliseer het - alles oëverblindery was. Markle het saam met die steelfotograaf gewerk en geld daarvoor ontvang. Hy sê egter dit was nie 'n groot bedrag nie, berig TMZ.

Die Markles - veral Meghan se halfbroer en suster, Markle sr. se kinders uit sy eerste huwelik - kon sedert Meghan se verhouding met prins Harry openbaar geword het, nie enige kans laat verbygaan gaan om Meghan óf in 'n swak lig te stel óf gal te braak omdat sy nie meer met hulle kontak het nie en hulle nie na die troue genooi is nie.

Op 'n positiewe noot is Maandagaand in Mailonline berig Doria Ragland, Meghan se ma, het by die kliniek waar sy as welsynwerker werk, bedank.

Dit is moontlik dat sy haar eie praktyk wil begin en moontlik selfs na Londen sal verhuis om naby haar enigste kind te wees.

Doria het reeds verlede Vrydag in Londen aangekom.

Sy en Meghan gaan die aand voor die troue in die luukse Cliveden Huis Hotel oornag. Hulle sal dan per motor na die St. George-kapel in Windsor-kasteel gebring word.

Indien Meghan se ma haar die kerk inbring, sal dit nie die eerste keer wees dat 'n ma 'n koninklike bruid só vergesel nie.

Koningin Victoria het in 1888 haar jongste dogter, prinses Beatrice, saam met Beatrice se broer, die prins van Wallis, na die kansel vergesel en aan haar aanstaande, prins Henry van Battenburg, afgegee.

Meghan Markle het ontwerpersklere én ’n ontwerpershoed na die diens by die Westminster-abdy gedra. Foto: GETTY IMAGES

Daar is voorheen reeds bespiegel dat Markle nie die troue sou bywoon nie weens sy kluisenaarsbestaan in Mexiko.

Die 73-jarige Markle was 'n beligtingsregisseur in Hollywood. Hy het aan TMZ erken dat hy saamgewerk het met die fopfoto’s om homself in 'n beter lig te stel.


Markle word sedert sy dogter se verhouding met prins Harry bekend geword het, voorgelê deur die poniepers en steelfotograwe.


Prins Harry sou vandeesweek sy aanstaande skoonpa ontmoet. Markle sou ook aan senior koninklikes, soos die koningin, prins Philip, prins Charles en prins William voorgestel word.

Meer oor:  Koninklike Troue  |  Meghan Markle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.