Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Paleis weet niks van Harry en Meghan se ‘gebooie’

Die hertog en hertogin van Sussex se bure mag nie geselsies met hulle aanknoop, aan hul honde raak, of vra om klein Archie te sien of om hom op te pas nie.

Dit is glo deel van ’n lang lys “gebooie” waaraan prins Harry en Meghan Markle se bure, wat ook naby die Frogmore-kothuis by die Windsor Estate woon, moet voldoen.

The Sun berig dat dié lys “gebooie” oor wat om te doen en wat om nie te doen nie, uitgedeel is aan inwoners op ’n inwonersvergadering.

Die lys sluit in:

* Moenie die koninklike egpaar nader of geselsies aanknoop as jy hulle sien nie;

* Sê wel “goeie môre” of iets anders ordentlik as hulle met jou praat;

* Moenie hul honde streel nie, al kom die honde na jou toe;

* Moenie aanbied om met hul honde te gaan stap nie;

* Moenie vra om vir baba Archie te sien of aanbied om na hom te kyk nie; en

* Moet niks in Frogmore-kothuis se posbus plaas nie.

Geskokte bure sê die egpaar se versoeke sou snaaks gewees het as dit nie so verregaande is nie.

Volgens die bure, wat opdrag gekry het om nie met die egpaar te praat nie, het selfs koningin Elizabeth nog nooit sulke versoeke gerig nie.

Die reëls geld ook werknemers, amptenare en werknemers van die Crown Estate.

’n Woordvoerder vir Buckingham-paleis sê die hertog en die hertogin weet nie van die reëls wat aan inwoners gegee is nie.

Luidens dié woordvoerder was die egpaar nie betrokke by die opstel of die inhoud van die versoeke nie.

“Die inligtingsessie is gehou met goeie bedoelings, om ’n klein gemeenskap te help sodat hulle weet hoe om twee nuwe inwoners te verwelkom, en om hulle te help met enige moontlike ontmoetings.

“Daar is nie briewe uitgedeel nie. Die praatjie is deur een van die plaaslike bestuurders gedoen, en dit is goed ontvang,” het Standard Media berig.

Ingrid Steward, 'n koninklike kommentator, sê: “Harry en Meghan se aanhoudende versoeke vir privaatheid beteken dat amptenare van die paleis moet raai wat hulle wil hê.

“Dit is vreemd, want dit is goeie maniere om ’n vriendelike gesprek met jou bure te voer. Dit is normaal vir Britte om te sê goeie môre en om ’n hond te streel,” het die NZ Herald berig.

Meghan en Harry het ’n beagle genaamd Guy, wat saam met die hertogin van Kanada af gekom het.

Hulle het ook in September verlede jaar ’n swart labrador gekry, maar weier om dié hond se naam bekend te maak, selfs al vra mense hulle uit daaroor.

Meer oor:  Harry  |  Meghan  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.