Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Pamela Anderson vind 4de keer ware liefde

Dit was ’n inperkingsromanse en volgens die voormalige Baywatch-aktrise Pamela Anderson is dit dié keer ware liefde . . . wel, vir die vierde keer.

Sy en haar lyfwag, wat mekaar net voor die inperking ontmoet het, is op Oukersaand getroud.

MailOnline het Donderdag eksklusief oor die troue berig.

Anderson en Dan Hayhurst is op ’n klein plegtigheid by haar huis op Vancouver-eiland in Kanada getroud.

Die 54-jarige aktrise het aan MailOnline gesê sy is nou presies waar sy moet wees.

Pamela Anderson op die rooi tapyt in 2019. Foto: Getty Images

“In die arms van ’n man wat regtig lief is vir my.”

Sy ontken dit egter dat dit haar vyfde huwelik is. Sy sê sy was nooit wettig met die musiekvervaardiger Jon Peters getroud nie en dat dit net ’n kammahuwelik was.

Anderson en Hayhurst se verhouding het begin sewe maande nadat haar en Peters se paadjies verlede jaar geskei het.

Hulle het halsoorkop verlief geraak.

“Die een jaar saam voel soos sewe – soos hondejare.”

People het in September oor Anderson en Hayhurst se verhouding berig. “Sy is baie gelukkig. Hulle is al die hele pandemie saam. Sy is supergelukkig en hy help haar om haar huis op Vancouver-eiland op te knap.”

Anderson is getroud in ’n klassieke wit satynrok, berig MailOnline, met ’n blou satyn-korset en ’n blou romp gemaak van tulle. Onder die praguitrusting het sy Hunter-stewels gedra, ook maar goed, want van die troufoto’s is geneem waar sy en haar nuwe man in die modder stap.

Anderson se lang polkadot-sluier is volgens haar deur “prinses Diana” geïnspireer.

Geen familie of vriende was by die troue nie.

Die egpaar gaan ook nie ’n wittebrood hê nie. “Elke dag is ons wittebrood,” sê sy.

Anderson het Woensdag op Instagram geskryf dit is haar laaste plasing op sosiale media. “Noudat ek ingeburger is in die lewe wat ek nog altyd wou leef, word ek geïnspireer deur in die natuur te wees en te lees.”

Sy was voorheen met die musieksterre Tommy Lee en Kid Rock getroud. Rick Salomon, bekend vir sy seksvideo saam met die sosiale vlinder Paris Hilton, was haar derde man. – Bronne: Daily Mail, People en Instagram.

Meer oor:  Pamela Anderson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.