Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Philander kry komediant-prys vir lewenslange bydrae

“Dit is oukei om jouself te wees,” sê die komediant Soli Philander oor sy Savanna Comics’ Choice-eerbewys vir lewenslange bydrae.

Savanna Comics' Choice-eerbewys
Die komediant Soli Philander het Saterdag ’n Savanna Comics’ Choice-eerbewys vir lewenslange bydrae gekry. Foto: Jerri Mokgofe Photography

“Dit is dalk die oorweldigendste deel van die prys, dat ander mense in die bedryf sê: ‘Ons gee dit vir jou, want dit kom jou toe. Ons sien wat jy doen en ons dink jy is oukei, jy mag wees wie jy is.’ Wat noem ’n mens hierdie gevoel? Ek ken dit nie. Dit is nuut vir my.”

Eerbewys
Soli Philander Foto: Jerri Mokgofe Photography

Philander het die prys Saterdag in die Lyricteater in Gold Reef City, Johannesburg, gekry.

Philander het nie eintlik hierdie loopbaan beplan nie.

Hy het baie jonk ’n vriendin na ’n oudisie vergesel om haar by te staan.

“Dit was die digter Diana Ferrus. Ek is toevallig gevra om ook ’n rol te lees.”

Dié rol het hy oplaas vertolk.

Hy het baie verhoogwerk gedoen, ook in die buiteland, soos met die toneelstuk Waiting for Godot.

Op televisie het hy verskyn in reekse soos Die Manakwalanners en die televisierolprent The Road to Mecca. Sy stem was ook op radio.

Hy het op SAfm ’n karakter met die naam Rosie September vertolk en hy het ’n program Saterdagoggende op RSG aangebied. Hy was later onder meer op Punt Geselsradio en CapeTalk.

Hy was ook die aanbieder van programme soos Liriekeraai en Vat ’n kans op kykNET.

“Jy weet, ek kry danksy die prys die gevoel dat alles nie verniet was nie,” sê Philander.

“Die tye wat ’n mens hard gewerk het of moeg was, waar jy iewers in ’n klein kamertjie sit en gewonder het wat jy maak. Ek wil ook vier hoe ongelooflik Suid-Afrikaners is. Dankie dat julle luister na die mallerigheid in my kop, dat julle dink ek is oukei.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.