Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Pianis van Australiese rockgroep oorlede
Conway Savage

Conway Savage, die pianis van die Australiese rockgroep Nick Cave & the Bad Seeds, het Sondag op die ouderdom van 58 gesterf.

Die groep het die nuus in ’n verklaring op sy webblad uitgereik. Dit blyk dat Savage verlede jaar chirurgie ondergaan het om ’n breingewas te laat verwyder en kon nie saam met die groep op toer gaan nie.

’n Verteenwoordiger van die groep het bevestig dat Savage weens ’n breingewas beswyk het.

Hy was byna drie dekades lank lid van Nick Cave & the Bad Seeds nadat hy hom in 1990 by die groep aangesluit het.

In ’n verklaring beskryf die lede van die groep Savage as “die anargistiese draad” wat deur al hul regstreekse optredes geloop het en hulle het sy goue stem geloof.

Savage was in die 80’s lid van verskeie rockgroepe in Australië.

Met die opneem van sewe albums was hy lid van Cave se groep.

In 2000 is sy debuut-album Nothing Broken uitgereik.

Kyk hier na 'n regstreekse optrede van Savage: 

Meer oor:  Celebs  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.