Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Popster Sulli (25) dood by haar huis gevind

Sulli (25), ’n voormalige lid van die Suid-Koreaanse popgroep f(x) wat teen kuberboelies opgestaan het, is Maandag dood gevind.

Die polisie sê Sulli, wie se regte naam Choi Jin-ri is, se lyk is by haar huis in Seongnam naby Seoul gevind.

“Haar bestuurder het haar by haar huis gaan soek toe hy haar ná hul laaste oproep Sondag nie in die hande kon kry nie.”

Volgens die polisie het Sulli aan depressie gely, maar die oorsaak van haar dood word nog ondersoek.

Die f(x)-groep is in 2009 gestig en het die weg gebaan vir ander groepe in Suid-Korea.

Sulli het die f(x)-groep in 2015 verlaat sodat sy op ’n loopbaan as ’n solokunstenaar en aktrise kon fokus.

Sy het vyf miljoen volgelinge op Instagram gehad.

Huldeblyke het op sosiale media ingestroom. – Reuters

Meer oor:  Seoul  |  Selfdood  |  Depressie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.