Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
PRAGFOTO’S: Catherine by die Bafta-toekennings

’n Absolute wenkombinasie: ’n Fabelagtige rok deur Alexander McQueen, oorbelle uit haar skoonma se juweliersversameling en ’n armband wat aan koningin Elizabeth se arm gepryk het met haar troudag.

Catherine het ’n paar oorbelle gedra wat aan prins William se oorlede ma, Diana, behoort het. Foto: Reuters

Voeg daarby haar natuurlike skoonheid en haar donker hare wat in enige styl op- of afgekam kan word, en Catherine, hertogin van Cambridge, slaan eenvoudig die asem weg.

Die sagte wit skepping het Catherine se slanke lyf van alle kante gekomplimenteer. Foto: Getty Images

Catherine het Sondagaand saam met haar man, prins William, die Bafta-pryse in Londen bygewoon en menige rolprentster in die skadu gestel.

Sy en William was al vantevore die eregaste met dié spoggeleentheid, een van die talle voorlopers tot die Oscars.

Die rok met wit chiffon-detail op die skouer is deur die modehuis Alexander McQueen ontwerp, ook die ontwerper van Catherine se trourok.

Prins William en sy vrou, Catherine. kom by die Bafta-toekenningsaand in Londen aan. Foto: Getty Images

Die pragtige diamant-en-pêreloorbelle is uit die juweelkissie van William se ma, Diana, afgestorwe prinses van Wallis. Dit was die eerste keer dat dié oorbelle ná Diana se dood in 1997 gesien is. Prins William en prins Harry het albei juweliersware van Diana geërf.

Diana, ontslape prinses van Wallis, in 1990 op ’n staatsbanket met die diamant-en-pêreloorbelle wat haar skoondogter Catherine Sondagaand na die Baftas in Londen gedra het. Foto: Getty Images

Aan Catherine se regterarm was ’n diamantarmband wat William se oupa, prins Philip, vir sy aanstaande vrou, destyds prinses Elizabeth, as geskenk op hul troudag gegee het. Philip het ook self dié armband ontwerp. Catherine dra gereeld die armband op spoggeleenthede.

Catherine het Sondagaand soos ’n moderne sprokiesprinses en toekomstige koningin gelyk.

Selfs William, wat gewoonlik ietwat stug voor die kameras is, het effens geglimlag toe hy en sy asemrowende vrou by die Baftas aangekom het.

Catherine het al vantevore dié diamantarmband van koningin Elizabeth gedra. Dit was ’n geskenk wat prins Philip destyds aan sy bruid, toe nog prinses Elizabeth, as trougeskenk gegee het. Die armband is ook deur hom ontwerp. Foto: WireImage
Catherine het breed op die rooi tapyt geglimlag. Foto: Getty Images
Die detail op die linkerskouer uit ’n ander hoek gesien. Foto: Getty Images
Catherine het Sondagaand soos ’n moderne sprokiesprinses gelyk.Foto: WireImage
Prins William glimlag breed nadat hy en Catherine hul sitplek in die voorste ry in die Royal Albert Hall in Londen ingeneem het.Foto: Reuters
Diana in 1985 in ’n eenskouerrok tydens ’n spoggeleentheid in Washington. Foto: Getty Images
Diana met dieselfde diamant-en-pêreloorbelle wat Catherine Sondagaand gedra het. Dié foto is in 1996 tydens ’n besoek aan Australië geneem. Foto: Getty Images

Meer oor:  Bafta-Toekennings  |  Catherine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.