Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
PRAGFOTO’S: Die mooiste SAG-modes

Hollywood se talentvolste akteurs en aktrises het Sondagmiddag meer as net gesig op die jaarlikse toekenningsgeleentheid van die Screen Actors Guild Awards in Los Angeles gewys.

Daar was heelparty ontwerpersrokke wat soos ’n handskoen gepas het, maar ook rokke met valle en baie volume.

Scarlett Johansson en Zoe Kravitz se laerug-skeppings het hul tatoeëerkuns ten toon gestel, terwyl Jennifer Lopez en Cynthia Erivo hulp nodig gehad om húl rokke se slepe perfek op die rooi tapyt vir die perfekte foto uit te vou.

– Bykomende bronne: EOnline, CNN en Vogue

Kathryn Newton van die TV-reeks Big Little Lies lyk asemrowend in ’n skepping van die ontwerper Valentino. Foto: Reuters
Cynthia Erivo, ster van Harriet lyk flambojant in ’n Schiaparelli-ontwerp. Foto: AP
Jennifer Lopez, tans te sien in Hustlers, is een van vele aktrises wie se tabberds die klem op hul rug laat val het. Die Libanese ontwerper Georges Hobeika het haar tabberd ontwerp.Foto: AP
Zoe Kravitz van Big Little Lies-faam se rok herinner aan die ou Hollywood-glanstyd. Foto: AP
Zoe Kravitz in haar Oscar de la Renta-skepping. Foto: AP
Gwendoline Christie, ’n ster van Game of Thrones, in ’n ongelooflike swart rok met baie volume wat deur Rick Owens ontwerp is. Foto: AP
Scarlett Johansson dra ’n nousluitende rok wat Armani ontwerp het. Foto: AP
Die rok se lae rug met diamanté-bandjies stel Scarlett Johansson se tatoeërmerke ten toon. Foto: AP
Lupita Nyong'o se rok met meer as 30 000 blinkers en versierings is deur Louis Vuitton ontwerp. Foto: AP
Die mans het allermins vir die vroue teruggestaan. Strangers Things se Noah Schnapp in ’n ysblou aandpak met ’n breë band om die baadjie. Foto: AP
Jennifer Aniston lyk sjiek in ivoorkleurige Christian Dior-ontwerp. Foto: AP
Millie Bobby Brown pronk in ’n Louis Vuitton-nommertjie. Foto: Reuters
Nicole Kidman (links) en Reese Witherspoon van Big Little Lies lyk heel ingenome met hulself. Foto: AP
Yvonne Strahovski, een van die sterre van The Handmaid’s Tale, in ’n rok van die ontwerper Khyeli steel die kollig. Foto: Reuters
Die Britse aktrise Helena Bonham Carter sorg altyd vir boheemse flair op glansgeleenthede. Foto: AP
Wat styl betref, staan die legendariese Glenn Close nie ’n tree terug vir haar jonger kollegas nie. Foto: Reuters
Glenn Close (links) en Jane Seymour se modestyl steek geensins af by hul heelwat jonger kollegas nie. Seymour het aan verslaggewers gesê daar is nie veel plek vir onderklere onder dié metaalkleurige rok nie. Foto: Reuters
Die 68-jarige Jane Seymour spog met ’n lyf wat baie vroue haar sal beny. Foto: AP
Charlize Theron in ’n tweestuk van die Franse modehuis Givenchy. Foto: Reuters
Die Oscar-bekroonde Nicole Kidman dra ’n skitterende blou ontwerp van Michael Kors. Foto: Reuters
Meer oor:  Hollywood  |  Los Angeles  |  Bekendes  |  Modes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.