Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Pragfoto’s: Harry, Meghan se 10 mooiste oomblikke

Dit maak nie saak waar die twee hulle bevind nie, hul hande soek na mekaar.

Meghan sal kort-kort haar rooikop-prins gerusstellend op die rug vryf of Harry se hand sal na hare soek.

Dit is duidelik dié twee is dol op mekaar. Meer omblikke soos dié sal beslis ook in Suid-Afrika gesien word. 

27 NOVEMBER 2017: Prins Harry en Meghan Markle stap ná hul fotosessie met die media in die tuin by Kensingtonpaleis terug na Nottingham-kothuis, die prins se destydse woonplek in die paleiskompleks. Hul blitsromanse het wêreldwyd die aandag getrek. Hulle was sedert Oktober 2016 ’n paartjie, het in November 2017 verloof geraak, op 19 Mei 2018 getrou en op 6 Mei 2019 hul eersteling verwelkom. Foto: Getty Images
8 MAART 2018: Prins Harry se hand soek na Meghan se hand tydens ’n besoek aan Millenniumpunt in Birmingham. Foto: WireImage
8 MEI 2018: Prins Harry en sy nuwe hertogin het ná hul troue in die St. George-katedraal in Windsorkasteel met ’n koets deur Windsor se strate en die Long Walk gery. Die paartjie het hande vasgehou in die koets. Foto: Getty Images
10 JUNIE 2018: Met ’n hand op sy rug stap prins Harry en Meghan terug in Buckinghampaleis nadat hulle saam met ander lede van de koninklike familie op die balkon van dié paleis verskyn het ter ere van die koninklike lugmag se eeufeesviering. Foto: Getty Images
3 OKTOBER 2018: Meghan, hertogin van Sussex, hou prins Harry se hand sommer met albei haar hande vas. Dié foto van die twee is op ’n besoek aan ’n jeugsentrum in Peacehaven, Sussex, geneem. Foto: Getty Images
30 OKTOBER 2018: Prins Harry help ’n swanger Meghan oor ’n modderpoel in Auckland, Nieu-Seeland. Die hertogin se swangerskap is met die begin van dié toer aangekondig. Foto: WireImage
17 OKTOBER 2019: Die twee deel nie net ’n sambreel nie, maar kyk diep in mekaar se oë met hul besoek aan Dubbo, Australië, toe ’n reënbui hulle oorval het. Foto: WireImage
24 FEBRUARIE 2018: Meghan leun teen haar prins tydens hul besoek vroeër vanjaar aan ’n skool in Asni, Marokko.Foto: WireImage
8 MEI 2018: Meghan se arm rus op prins Harry se rug terwyl hulle van ’n klein mediagroep wegstap in die St. Georgesaal in Windsorkasteel waar hulle hul eersteling aan die wêreldmedia voorgestel het. Foto: Getty Images
14 Julie 2019: Meghan was nog amptelik met kraamverlof, maar het ’n swart nommertjie uit haar kas gehaal om saam met prins Harry die premiere van “The Lion King” by die Odeon in Leicester Square, Londen, by te woon.Foto: Getty Images
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.