Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
PRAGFOTO'S: Hartedief prins Louis is 1!
This photo released by Kensington Palace on Monday
Die klein prins Louis is te skattig in die drie foto's wat sy ma van hom geneem het in die tuine van Anmer Hall, die Cambridge-gesin se plattelandse woning in Norfolk. Foto: Hertogin van Cambridge/AP

Sowaar, prins Louis Cambridge is Dinsdag ’n volle jaar oud!

Foto’s van dié jongste kind van prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, was maar skraps die afgelope jaar, maar vir sy eerste verjaardag Dinsdag het Kensington-paleis dié drie pragfoto’s uitgereik.

En is die jonge prins nie te oulik nie? Hy is nóg mooier as toe hy in September vir sy oupa Charles se 70ste verjaardag afgeneem is.

This photo released by Kensington Palace on Monday
Die tweede van drie foto's wat uitgereik is ter ere van prins Louis se eerste verjaarsdag. Foto:Hertogin van Cambridge/AP
Mooiste! Een van drie foto's wat Maandagaand laat deur Kensingtonpaleis uitgereik is ter ere van prins Louis se eerste verjaarsdag Dinsdag. Foto: Hertogin van Cambridge/AP
Familietrekke is daar beslis! Ouboet George op die trappe van die Cambridges se woning in Kensingtonpaleis, Londen. Foto: Getty Images

Soos Catherine al tevore gemaak het, het sy self die amptelike verjaardagfoto’s van haar kinders geneem.

Met Louis se ouma en oupa Middleton, wat die eienaars van die partytjie-webtuiste Party Pieces is, sal Catherine nie probleme hê om op ’n tema vir haar jongste se verjaardagpartytjie te besluit nie. Ook nie oor die bykomstighede vir die partytjie nie.

Louis verjaar slegs ’n week voor sy suster, prinses Charlotte, wat aanstaande week vier word.

Ouboet George se verjaardag is eers in Julie.

Anders as George en Charlotte word Louis in die Cambridges se wooneenheid in Kensington-paleis groot. Langnaweke en vakansies bring die gesin gewoonlik in hul plattelandse woning Anmer Hall in Norfolk deur.

Die Cambridges glo daaraan om hul kleingoed so min as moontlik aan die media bloot te stel in ’n poging om hulle so ’n normale opvoeding as moontlik te gee.

By Catherine se ouers, Carole en Michael Michael Middleton, se huis in Bucklebury kan die Cambridge-kinders ook sonder die vrees van steelfotograwe gaan stap.

George, of Tips soos sy ouers hom noem, het al by geleentheid saam met sy ouma gaan stap en met ’n vrou gesels wat met haar hond gaan stap het. Sy lyfwag het die vrou gevra om nie ’n foto van George te neem nie, maar die vrou se dag is gemaak toe hy homself as “Archie” voorstel.

Maar Dinsdag is dit Louis se dag. Tot die Westminster-abdy gaan 'n spesiale klokkespel ter ere van dié jong prinsie speel!

Prins William en Catherine in Julie verlede jaar saam met prinses Charlotte en prins George met Louis se doop in die St. James-paleis in Londen. Foto: Getty Images
Prins Louis in die arms van sy ma, Catherine, met sy doop op 9 Julie verlede jaar in die kapel in die St. James-paleis in Londen. Foto: Getty Images
prins william
Prins William op ses maande. Foto: Getty Images
AUCKLAND, NEW ZEALAND - APRIL 1983: Prince Willia
Prins William in April 1983, toe hy amper een jaar oud was. Hy het saam met sy ouers, prins Charles en Diana, na Nieu-Seeland getoer. Foto: Getty Images
diana, prinses van wallis
Diana, ontslape prinses van Wallis, as eenjarige. Foto: Getty Images
LONDON, ENGLAND - JULY 02: (EDITORIAL USE ONLY)
Ouboet George as eenjarige. Foto: Getty Images
ANMER HALL, ENGLAND - APRIL 2016: In this undated
Catherine se foto van prinses Charlotte wat vir die prinses se eerste verjaarsdag uitgereik is. Foto: Getty Images

Meer oor:  Prins Louis  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.