Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
PRAGFOTO'S: ‘Koningin Kate’ slaan asems weg!

Catherine, hertogin van Cambridge, is ná haar kraamverlof met mening terug op die koninklike verhoog. Woensdagaand het die hertogin asems weggeslaan by die opening van ’n nuwe fotografiesentrum by die Victoria & Albert-museum in Londen. Die rok is op verskeie vlakke simbolies. 

Catherine het Erdem, een van haar gunsteling-ontwerpers, se skeppings gedra. Foto: Getty Images
Erdem het van koningin Elizabeth II se voorliefde vir Jazz gehoor en besluit om stylelemente uit die koningin se klerekas van die 1950’s te leen en ’n versameling saam te stel wat hy dink die koningin na die bekende Jazz-klub Cotton-klub in Harlem, New York, sou kon gedra het. Hy het gehoor dat die koningin die jazz-legende Duke Ellington in 1958 ontmoet het en dat Ellington ’n komposisie, die “koninginsuite” aan haar opgedra het. Foto: Getty Images
Die boothalslyn waarvoor Meghan, hertogin van Sussex, ook ‘n voorliefde het, was ook van die jong koningin Elizabeth II se voorkeur-stylelemente. By die halslyn kombineer Erdem elemente (die swart pêrel-en-kristal-versierings) wat herinner aan die familie-ordes wat koningin Elizabeth II tydens formele geleenthede dra. Foto: Getty Images
Die geruite patroon staan bekend as die prins van Wallis-patroon, betekenisvol aangesien Catherine sodra prins Charles die troon bestyg, die volgende prinses van Wallis sal wees. Foto: Getty Images
Die Erdem-rok is deel van die ontwerper se Lente 2018-versameling. Die ontwerper Erdem Moraglioglu het inspirasie vir dié reeks geput uit koningin Elizabeth II se styl in die 1950’s. Die knoopdetail herinner aan koninklike prag en praal. Die knope lyk soos ryklik versierde klein borsspelde. Foto: Getty Images
Die detail van die knope van nader gesien. Die rafelelement by die rok se soom is by die moue herhaal. Foto: Getty Images
Die noupassende bolyf met ’n maroenfluweellint om haar middel het gewys dat die hertogin vyf maande ná die geboorte van haar en prins Willam se derde kind, prins Louis, weer met haar vietse lyf spog. Haar handsak en skoene het perfek by die fluweellint gepas. Foto: Getty Images
Catherine het hemelhoë hakskoene gedra wat perfek by die maroen-detail in die geruite prins van Wallis-patroon gepas het. Foto: Getty Images
Catherine, ’n ywerige amateurfotograaf, is ’n beskermheer van die Victoria & Alfred-museum. Foto: Getty Images
Catherine het ook met ’n paar pragtige Erdem-oorbelle gespog. Die oorbelle ter waarde van byna R6 000 is reeds op Erdem se webtuiste uitverkoop. Foto: Getty Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.