Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
PRAGFOTO'S: 'Prinses' Kate skitter in Diana se tiara
Catherine, hertogin van Cambridge, met die Lover’s Knot-tiara wat sy Woensdagaand op die diplomatieke onthaal in Buckinghampaleis gedra het.Foto: Getty Images
Sjoe! Catherine, hertogin van Cambridge, het ons nog nooit so prinsesagtig sien skitter nie. Sy het Woensdagaand op die jaarlikse
diplomatieke onthaal geskitter in ’n pragtige aandrok en ’n magdom diamante.

Nie net het Catherine weer die gunsteling-tiara van haar oorlede skoonma, Diana, uit die kluis laat haal nie, maar ook gespog met ’n fabelagtige diamanthalssnoer, diamantoorbelle én ’n diamantring.

Catherine is bekend daarvoor dat sy van kleiner juwelierstukke hou, maar vir dié geleentheid het sy omtrent uitgehang.

Haar elegante donkerblou aandrok, deur die modehuis Alexander McQueen, was die perfekte keuse om die juweliersware mee af te wys.

’n Samestelling van geleenthede waar Catherine al die Lover’s Knot-tiara gedra het. Foto’s: Getty Images

Die Lover’s Knot-tiara wat Catherine gedra het, is deel van die koninklike juweliersversameling en was naas die Spencer-tiara Diana se gunsteling-tiara. Dit is duidelik ook Catherine se gunsteling, sy het die tiara al na baie amptelike geleenthede in Buckinghampaleis gedra.

Koningin Elizabeth met die Wladimir-tiara, sonder, met pêrels en met smaragde. Foto’s: Getty Images

Ook koningin Elizabeth, wat op 93-jarige ouderdom nog geen aanduiding van abdikasie of ’n regentskap gegee het nie, het met haar keuse van juweliersware beïndruk.

Die Wladimir-tiara, wat met óf sonder hangende pêrels of smaragde gedra kan word, was Woensdagaand te sien met die hangende smaragde. Die koningin dra gereeld die Wladimir-tiara, maar gewoonlik sonder enige pêrels of smaragde. Om die tiara nóg meer te laat skitter het die koningin ’n bypassende halssnoer en armband van diamante en smaragde gedra.

Camilla, hertogin van Cornwall, met die Boucherin-tiara, wat die koninginmoeder ook gereeld gedra het. Foto’s: Getty Images

Ook Camilla, hertogin van Cornwall en vrou van die Britse troonopvolger, prins Charles, het van die geleentheid gebruik gemaak om haar gunsteling Boucherin-tiara te dra. Daar word gesê dat Camilla die enigste van die senior koninklike vroue is wie se haarstyl dié tiara die beste laat vertoon.

Die diplomatieke onthaal word jaarliks in die paleis gehou. Dit is die sesde keer dat Catherine en William die onthaal bywoon. Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, was nie by die onthaal nie omdat hulle nog met vakansie is.

Catherine het ook haar twee familieordes gedra, die koninklike Victoriaanse orde (die blou band) en die orde van koningin Elizabeth wat met ’n groot geelkleurige lint aan haar linkerbors vasgespeld is.Foto: Getty Images
Haar vollengte aandrok is van die modehuis Alexander McQueen. Foto: Getty Images
Die diplomatieke onthaal is een van die min geleenthede waar senior koninklikes met tiaras en pronkerige juweliersware kan spog. Foto: Getty Images
Catherine kan agter prins William se skouer gesien word, met Camilla, die hertogin van Cornwall, regs.Foto: Getty Images
Camilla, hertogin van Cornwall, het die Boucherin-tiara gedra. Dié tiara was een van Elizabeth die koninginmoeder (koningin Elizabeth se ma) se gunstelinge. Foto: Getty Images
Die trompette skal vir die aankoms van koningin Elizabeth. Op die agtergrond kan Catherine, hertogin van Cambridge, gesien word. Foto: Getty Images
Catherine met die Lover’s Knot-tiara, een van die ontslape Diana, prinses van Wallis, se gunsteling-tiaras.Foto: Getty Images
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.