Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
PRAGFOTO’S: Wie se Ascot-hoed is die . . . uhmm . . . mooiste?

Wie het Dinsdag die mooiste hoed gedra? Koningin Elizabeth, koningin Maxima of Catherine, hertogin van Cambridge?

Die koninklikes het Dinsdagmiddag per koets vanaf Windsorkasteel na die Ascot-perderenbaan vertrek. By Ascot het hulle in oop koetse geklim en onder toejuiging by dié spoggeleentheid op die Britse sosiale kalender opgedaag.

Koning Willem-Alexander van Nederland en sy vrou, koningin Maxima, was Dinsdag die gaste van koningin Elizabeth by Ascot.

Catherine was soos die koningin in ligblou getooi.

Catherine, hertogin van Cambridge, was ’n visie in ’n ligblou rok en hoed. Hier lag sy alte lekker. Foto: Reuters
Koningin Elizabeth se hoed het perfek by haar rokjas gepas. Die hoed is ryklik versier met syrose. Foto: Reuters
Twee koninginne in een koets. Koningin Elizabeth en koningin Maxima van Nederland kom by Ascot aan. Foto: AP
Catherine en prins William het ’n koets gedeel met prins Charles en sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall. Foto: Reuters
Catherine was ’n visioen in poeierblou. Tot haar oorbelle het by haar hoed en rok gepas. Foto: AP
Prins William glimlag terwyl Catherine met koningin Maxima gesels. Foto: Getty Images
Prinses Eugenie en prinses Beatrice kom by Ascot aan. Foto: Reuters
Zara Tindall, die koningin se kleindogter, het ook ’n pragtige hoed by haar somersrok gedra. Foto: Getty Images
Prinses Anne en Sophie, die gravin van Sussex, het ’n koets gedeel. Foto: Getty Images
Catherine se poeierblou maksirok was ’n modewenner. Foto: Getty Images
Die detail van koningin Maxima (links) en koningin Elizabeth se hoede kan duidelik gesien word. Foto: Getty Images
Zarah Tindall groet haar oom, prins Charles. Foto: Getty Images
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.