Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Andrew kan dalk sy lyfwagte kwyt wees

Prins Andrew kan moontlik sy spesiale lyfwagte verloor omdat hy nie meer ’n werkende koninklike is nie.

Prins Andrew Foto: Getty Images

Koningin Elizabeth se middelste seun, wat einde verlede jaar ’n rampspoedige onderhoud met die BBC toegestaan het om sy vriendskap met die veroordeelde seksmisdadiger Jeffrey Epstein te regverdig, is enkele dae ná die onderhoud die geleentheid gegee om self aan te kondig dat hy die koninklike kollig vaarwel roep.

Evening Standard berig die Britse departement van binnelandse sake beveel aan dat sy beskerming afgegradeer word omdat hy nie meer ’n werkende koninklike is nie.

Volgens die middagkoerant het Scotland Yard ’n volledige ondersoek geloods en aanbevelings gedoen.

Die minister van binnelandse sake, Priti Patel, en Boris Johnson, die premier, sal die finale sê hê.

Andrew moes in 2015 sy pos as Brittanje se reisende handelsambassadeur laat vaar weens die omstredenheid van sy besoek aan Epstein in New York – selfs nadat dié vriend van hom tronkstraf weens seksoortredings uitgedien het.

Nadat die onderhoud in November verlede jaar uitsaai is en die koningin en prins Charles dringende samesprekings gevoer het, is Andrew die geleentheid gegee om self aan te kondig dat hy as ’n werkende koninklike uittree.

Andrew het ook besluit om verlede jaar se tradisionele Kersdiens, wat die koninklikes in die St. Maria Magdalena-kerkie op die koninklike landgoed Sandringham bygewoon het, mis te loop om nie die koningin in die verleentheid te stel nie. Hy het wel die vroegoggenddiens bygewoon en is afgeneem waar hy langs Charles stap.

– Bronne: Evening Standard, BBC, verwerk en verkort

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.