Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Andrew praat uiteindelik oor pedofiel Epstein

Jare nadat prins Andrew se vriendskap met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein opslae gemaak het, praat die prins uiteindelik oor dié omstrede vriendskap in ’n onderhoud wat Saterdagaand in Brittanje uitgesaai word.

Die prins reageer volgens die BBC in die onderhoud ook op aantygings dat hy met onder andere Virginia Roberts (Giuffre) seks gehad het.

“Ek kan glad nie onthou of ek ooit dié vrou ontmoet het nie. Glad nie.”

Giuffre beweer dat die prins drie keer met haar seks gehad het terwyl sy as ’n seksslaaf in Epstein se kloue was.

Die onderhoudvoerder Emily Maitlis het die prins prontuit gevra of hy seks met Giuffre gehad het. Die prins antwoord “nee” ondanks ’n foto waar hy hand om die lyf met Giuffre staan.

Epstein het vroeër vanjaar sy eie lewe geneem in ’n tronk in New York waar hy verhoorafwagtend was op onder meer aanklagte van sekshandel.

In die tweede uittreksel wat as lusmaker op sosiale media gedeel is, sê Andrew hy het die koninklike familie gefaal deur steeds met Epstein vriende te bly nadat dié in 2010 tronkstraf uitgedien het vir sy seksuele misdrywe.

Andrew en Epstein is afgeneem waar hulle in Central Park in New York stap. Dié onthullings het destyds daartoe gelei dat Andrew sy pos as Brittanje se handelsambassadeur moes laat vaar.

Vanjaar het beeldmateriaal ook aan die lig gekom van Andrew in die voordeur van Epstein se luukse woning in New York.

Toe Maitlis hom vra hoekom hy nie sy bande met Epstein reeds in 2010 verbreek het nie, antwoord Andrew hy kan homself nou daaroor skop. “Die gedrag is nie iets wat by ’n lid van die koninklike familie hoort nie omdat ons probeer om die hoogste standaarde en praktyke te handhaaf.”

Volgens die BBC het die prins geen voorafkennis van die vrae gehad nie en kon hy ook nie onderhoud goedkeur nie.

Die volledige onderhoud word vanaand om 21:00 Britse tyd op BBC2 uitgesaai.


Meer oor:  Prins Andrew
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.