Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Andrew sien ‘g’n seksmisdade’ saam met Epstein

Brittanje se prins Andrew het Saterdag gesê hy het nooit gesien hoe enige seksmisdade gepleeg word terwyl hy in die geselskap van die omstrede Amerikaanse finansier Jeffrey Epstein was nie.

Epstein het vroeër vandeesmaand sy eie lewe geneem terwyl hy in aanhouding was op aanklagte van seksuele misdade, insluitend mensehandel.

“In geen stadium tydens die minimale tyd wat ek saam met hom deurgebring het, het ek enige gedrag gesien wat uiteindelik tot sy arrestasie en skuldigbevinding sou lei nie,” het die prins in ’n verklaring aangedui.

Hy het ook bygevoeg sy ontmoeting met Epstein nadat hy in 2010 uit die tronk vrygelaat is, was ’n “fout”.

’n Foto het onlangs in die Britse media verskyn waarin Andrew, die naasoudste seun van koningin Elizabeth, vir ’n vrou totsiens waai van waar hy in een van Epstein se New Yorkse herehuise staan. – Reuters

Meer oor:  Seksmisdaad  |  Prins Andrew  |  Jeffrey Epstein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.