Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Andrew wil nie meer in sekssaak getuig

Prins Andrew van Brittanje sê hy sal nie uit vrye wil met Amerikaanse ondersoekers saamwerk in die ondersoek na die verooordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein nie. Andrew en Epstein was glo goeie vriende.

Geoffrey Berman, ’n Amerikaanse advokaat, sê ondanks Andrew se aanbod in die openbaar om in hul ondersoek saam te werk, het hy nou “die deur heeltemal toegemaak” en “sal ons nou ons opsies oorweeg”.

James Margolin, Berman se woordvoerder, wou nie kommentaar lewer oor watter opsies oorweeg word nie. Hy het bevestig die prins se regsverteenwoordigers het gesê Andrew sal nie uit vrye wil ’n onderhoud met hulle voer nie.

Prins Andrew, wie se vriendskap met die pedofiel Jeffrey Epstein die Britse koningshuis by ’n smerige skandaal betrek. Foto: Getty Images

Dit was ná 27 Januarie toe Berman op ’n nuuskonferensie gesê het Andrew het geen samewerking aangebied nie.

Andrew (60) het in November in ’n openbare verklaring gesê hy tree uit enige amptelike pligte en sal bereid wees om “enige aangewese owerheid met hul ondersoek te help indien nodig”.

Andrew, koningin Elizabeth se tweede oudste seun, het ontken dat hy seks gehad het met ’n (destyds) sewentienjarige meisie wat hy deur Epstein ontmoet het. Die meisie, Virginia Roberts Giuffre, het gesê sy het in 2001 seks met die prins gehad.

Andrew het gesê hy het Epstein vertrou en erken hy het in sy huise in Manhattan en Palm Beach tuisgegaan, in sy private vliegtuig gevlieg en sy private eiland besoek. Hy het Epstein ook in 2010 in Central Park ontmoet twee jaar nadat die finansier skuld beken het op die uitlokking van ’n minderjarige vir prostitusie en hy verplig was om hom as ’n seksoortreder te registreer.

Die koninklike familie en Clare Montgomery, ’n Londense advokaat wat Andrew glo oor die Epstein-saak adviseer, wou nie op Berman se jongste uitspraak kommentaar lewer nie. Reuters, CNN



Meer oor:  Prins Andrew  |  Jeffrey Epstein  |  Seksskandaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.