Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Azim van Broenei (38) sterf

Die 38-jarige prins Azim van Broenei, seun van die sultan van Broenei, is dood.

Die regering het sy dood bevestig, maar het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie.

SkyNews berig hy was ’n tyd lank in die hospitaal en het lewerkanker gehad.

Azim, wat vierde in die ry as troonopvolger was, het as ’n deeltydse rolprentvervaardiger in Hollywood naam gemaak.

Hy was sultan Hassanal Bolkiah se tweede seun en was bekend om sy uitspattige partytjies wat deur bekendes soos Pamela Anderson, Janet Jackson en Mariah Carey bygewoon is.

Hy is Saterdagoggend dood en sy begrafnis was later die dag. Die land is nou sewe dae lank in rou.

Van sy flieks is You’re Not You (2014),waarin Hilary Swank speel en die daaropvolgende jaar se Dark Places, waarin Charlize Theron verskyn.

Sy ma, Hadjah Mariam, was ’n lugwaardin en sy pa se tweede vrou van wie hy in 2002 geskei is.

Hy het drie sibbe en agt halfbroers en -susters uit sy pa se eerste en derde huwelike.CNN, The Independent, Hello, SkyNews


Meer oor:  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.