Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Charles toets positief vir korona-virus

Prins Charles, die 71-jarige opvolger van die Britse troon, is positief vir die koronavirus getoets, maar sy toestand is goed en hy is nou met matige simptome in self- isolasie in Skotland.

Prins Charles en sy ma, koningin Elizabeth, op 9 Maart ná ’n diens in die Westminster-abdy. Foto: AP

Charles, die oudste seun van koningin Elizabeth, toon volgens Clarence House ligte simptome, maar lyk gesond en werk van sy huis in Birkhill, Skotland, af. Sy vrou, Camilla (72), is negatief getoets.

“Die hertogin van Cornwall is ook getoets, maar sy het nie die virus nie,” het Clarence House gesê. Koningin Elizabeth, wat nou by Windsor-kasteel is, is gesond, het die Buckingham-paleis gesê.

’n Koninklike bron het gesê die prins van Wallis is Maandag getoets en het Dinsdag die uitslae gekry. Aan hom is gesê dit is onwaarskynlik dat sy toestand baie ernstig sal raak.

Charles het met die koningin en sy kinders, prins William en Harry, gepraat.

Charles het sy 93-jarige ma die oggend van 12 Maart gesien, voor die vroegste tyd dat hy deur die virus besmet kon wees.

“Haar majesteit die koningin se gesondheid is goed,” het die Buckingham-paleis gesê. “Die koningin het die prins van Wallis laas die oggend van 12 Maart op ’n inhuldiging gesien en volg toepaslike raad wat haar welstand betref.”

’n Koninklike bron het gesê die vroegste wat Charles besmet kon raak, was op 13 Maart en toe het hy na SY Birkhall-woning op die Balmoral-landgoed in Skotland vertrek.

Koningin Elizabeth het op 19 Maart van Londen af na die Windsor-kasteel vertrek. Sy is saam met haar man, Philip (98).

Prins Charles het die virus gekry weens die groot aantal geleenthede wat hy die laaste weke in sy openbare rol moes bywoon, het Clarence House gesê.

Charles het prins Albert van Monaco op 10 Maart op ’n liefdadigheidsgeleentheid in Monaco ontmoet. Albert is later positief vir die virus getoets. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.