Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Harry, Meghan se dokumentêr vir Netflix bekend

Heart of Invictus is die eerste dokumentêre reeks wat deur prins Harry en sy vrou, Meghan, se produksiehuis vir Netflix vervaardig sal word.

Luidens ’n verklaring sal Archewell Productions die reeks in samewerking met The Invictus Games Foundation vervaardig.

Netflix het ook die nuus op Twitter gedeel.

Harry het die Invictus-spele in 2014 vir weermaglede en -veterane gestig wie se lewe onherroeplik deur ’n besering of siekte verander is.

Heart of Invictus vertel die verhaal van atlete wat hulle in die aanloop tot die volgende spele in Den Haag, Nederland, voorberei. Dit vind weens die Covid-19-pandemie eers volgende jaar plaas.

Arlene Prinsloo het in September berig die egpaar het ’n eksklusiewe veeljarige produksie-ooreenkoms met Netflix gesluit.

Orlando von Einsiedel behartig Heart of Invictus se regie en Joanna Natasegara is die vervaardiger. Hulle het voorheen saamgewerk aan die dokumentêr The White Helmets wat ’n Oscar gewen het.

Prins Harry se troue met die Amerikaanse aktrise Meghan Markle sal die Britse ekonomie ’n hupstoot gee.Foto: Getty Images

Harry is ’n uitvoerende vervaardiger van die reeks en verskyn self daarin.

Hy sê in ’n verklaring die reeks sal mense oor die wêreld heen ’n blik bied op hierdie deelnemers se bemoedigende verhale.

“Ek is opgewonde oor die pad vorentoe en trots op die Invictus-gemeenskap wat ander voortdurend inspireer en ’n voorbeeld van genesing, potensiaal en diensbaarheid is.” – SkyNews, CNN, People en The Guardian.

Meer oor:  Meghan  |  Prins Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.