Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Harry neem regstappe, bekommerd oor Meghan

Prins Harry en sy vrou, Meghan, het met regsaksie begin teen ’n Britse mediagroep weens die misbruik van private inligting.

Die regsaksie spruit uit The Mail on Sunday se besluit om in 2018 sekere dele van ’n private brief te publiseer wat Meghan aan haar pa, Thomas Markle, geskryf het.

Die prins het Dinsdagaand ’n sterk bewoorde verklaring uitgereik oor die negatiewe publisiteit wat hy en sy vrou die laaste tyd ontvang.

Hy sê hy het eerstehandse kennis van die leed wat iemand aangedoen word wanneer vals en venynighede feitlik op ’n daaglikse basis aan die wêreld uitgebasuin word met verwysing na hoe daar oor sy ma, Diana, berig is.

“Ek het my ma verloor en nou kyk ek hoe my vrou die slagoffer is van dieselfde magtige kragte.”

Prins Harry was Maandag teenwoordig tydens ’n teenstropingsoperasie in die Liwonde Nasionale Park in Malawi waarby die Britse weermag betrokke was. Foto: Reuters

Harry sê hy vrees die geskiedenis kan homself herhaal.

Diana is in 1997 dood ure nadat sy in ’n motorongeluk in Parys, Frankryk, betrokke was. Die motor waarin sy was het probeer wegjaag van ’n groep steelfotograwe.

Hy meen van die Britse media voer feitlik ’n uurlikse veldtog teen sy vrou, ’n veldtog wat volgens hom in felheid toegeneem het sedert Meghan se swangerskap en die geboorte van hul seun, Archie.

Harry sê versinsels word in die digitale media wêreldwyd hergebruik en as die waarheid opgedis.

“Beriggewing soos dié het ’n menslike koste,” sê die prins.

Die Sussex-egpaar se amptelike Instagram-rekening het hierdie foto van Meghan Diinsdag gepubliseer wat geneem is tydens hul tiendaagse besoek aan Suider-Afrika. Foto: Instagram / sussexroyal

Hy sê die positiewe beriggewing van die afgelope week (tydens die egpaar se besoek aan Suider-Afrika) ontbloot die dubbele standaarde van ’n sekere groep van die media wat die afgelope nege maande leuens oor Meghan versprei het bloot omdat sy nie in die openbare kollig was nie.

“Sy is dieselfde vrou met wie ek ’n jaar gelede getroud is, net soos wat sy dieselfde vrou is wat julle nou op ons Afrika-toer sien,” sê hy in die verklaring.

Harry sê hy kan nie meer terugstaan en toekyk hoe sy vrou swaarkry nie. “Optrede soos die kan mense en lewens verwoes,” lui die verklaring. “Om dit sagkens te stel, dit is boelie.”

* Die regsaksie is teen The Mail on Sunday en die Associated Newspapers ingestel.

* Lees die prins se volledige verklaring hier.

Meghan, hertogin van Sussex, kom Dinsdag by die Universiteit van Johannesburg (UJ) aan. Sy het met verteenwoordigers van die Vereniging van Statebondsuniversiteite, akademici en studente vergader oor die uitdagings van jong vroue in die hoër onderwys. Sy het ook nuwe skenkings vir gendergegronde navorsing aan UJ, die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Wes-Kaapland bekend gemaak. Foto: Reuters


Meer oor:  Harry  |  Meghan  |  Regstappe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.