Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Harry ondersteun Rose in Japan
Prins Harry sal Saterdag die Engelse rugbyspan in Jokohama ondersteun. Foto: Getty Images

Die Engelse rugbyspan het Saterdag koninklike steun in die eindstryd van die Wêreldbekerrugbytoernooi.

Prins Harry, beskermheer van die Engelse rugbyunie, sal na Jokohama in Japan reis vir Engeland se kragmeting teen die Springbokke.

Die prins het die span op sy en sy vrou, Meghan, se Instagram-rekening gelukgewens met hul “fantastiese” wedstryd. “Baie geluk julle. Julle maak ons almal verskriklik trots.”

As die Springbokke die afgelope Saterdag die onderspit teen Wallis gedelf het, sou prins William en Harry hul onderskeie spanne in Jokohoma moes verteenwoordig. William is die beskermheer van Wallis se rugbyspan.

Prins Charles en die Walliese kaptein, Alun Wyn Jones, verlede Woensdag in Tokio, Japan. Foto: Getty Images

Harry en William se pa, prins Charles, het ook sy belangstelling in die Wêreldbekertoernooi gewys. Charles was verlede week in Japan vir die inhuldiging van keiser Naroehito. Hy het tyd afgeknyp om een van Wallis se oefensessies by te woon.

Die Walliese haker Ken Owens het verklap dat Charles só na die Springbokke verwys het: “They’re bloody big buggers, aren’t they?”

Die Springbokke kom Saterdag om 11:00 (Suid-Afrikaanse tyd) teen Engeland in Jokohama te staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.