Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Harry sleep koerante hof toe oor SMS’e

Prins Harry het eise by die hooggeregshof ingedien oor die beweerde onderskepping van stemposboodskappe, sê Buckingham-paleis.

News Group Newspapers, wat The Sun en die nou toegemaakte News of The World besit, het bevestig dat hy een van die maatskappye is wat ’n eis ontvang het, berig Sky News.

MGN Limited, wat die Daily Mirror, Sunday Mirror en The Sunday People besit, word in die hofstukke genoem as die ander maatskappy wat ’n eis ontvang het.

prins harry
Prins Harry en Meghan

Dit kom enkele dae nadat die prins gepraat het oor die “magtige kragte” wat tot die dood van sy ma gelei het toe hy en Meghan, die hertogin van Sussex, aankondig dat hulle die koerant Mail on Sunday dagvaar oor die publikasie van private boodskappe aan haar pa, Thomas Markle, in 2018.

Daar is geen besonderhede oor die aard van die voorgenome eise nie, maar dit is ingedien deur Clintons, ’n prokureursfirma wat in die verlede met verskeie eise vir telefoon-inbrake gewerk en namens sy kliënte aansienlike uitbetalings gekry het.

Hoewel die koninklike huishouding geen besonderhede oor die aard verskaf het nie, bespiegel regsbronne dat dit waarskynlik met voorvalle van telefoon-inbraak in die 2000’s verband hou.

Dit was die besluit van News of the World om die stemposboodskappe van prins William te onderskep wat gelei het tot die begin van ’n wyer skandaal met telefoonopnames, hoewel koninklikes tot nou toe uit die langdurige siviele sake teen koerante gebly het.

Bykomende bron: The Guardian


Meer oor:  Meghan Markle  |  Prins Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.