Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Philip ondergaan suksesvolle hartoperasie
prins Philip
Polisielede Donderdag buite die hospitaal in Londen, waar prins Philip geopereer is. Foto: Reuters

Prins Philip (99) het Woensdag suksesvolle hartchirugie ondergaan, het Buckinghampaleis Donderdag aangekondig.

Die prins sal nog vir 'n paar dae in die hospitaal bly vir behandeling, om te rus en te herstel.

Prins Philip
Prins Philip in Desember 2019. Foto: Reuters

Philip, eggenoot van koningin Elizabeth, is Maandagoggend per ambulans van die King Edward VII-hospitaal na die St. Bartholomews-hospitaal in Londen geneem.

Luidens ’n vorige verklaring van die paleis is die hertog van Edinburg vir ’n infeksie behandel en hy was onder waarneming vir ’n bestaande harttoestand.

Hy sou ook nog toetse vir dié toestand ondergaan. Volgens die paleis was Philip gemaklik, hy reageer goed op behandeling en hy sou heel moontlik tot einde vandeesweek in die hospitaal wees.

Die prins het Maandag sy 14de dag in die hospitaal deurgebring, die langste nóg vir dié Ysterhertog, wie se gesondheid hom eers laat in sy 80’s vir kort tye in die hospitaal laat beland het.

prins philip
Die verklaring van Buckinghampaleis.

Sover bekend het nog net prins Charles sy pa in die hospitaal besoek.

Volgens Dickie Arbiter, ’n gerekende koninklike kenner wat vir die koningin as perssekretaris gewerk het, is dit moontlik dat Philip sy oudste seun ontbied het om met hom te praat oor die toekoms wanneer Charles, met die heengaan van sy pa, die leisels van die familie moet oorneem.

Hoewel die koningin die Britse monarg is, het sy die leisels in familieverband stewig in haar jare lange eggenoot se hande gelos.

Beide prins Edward, die egpaar se jongste seun, en Charles se oudste seun, prins William, het al tydens koninklike verpligtinge op vrae gesê dit gaan “oukei” met die prins.

Philip, wat in Junie 100 jaar oud word, is die langslewende nasaat van koningin Victoria. 

  • Die jongste verwikkelinge is bygewerk sedert die berig aanvanklik gepubliseer is.
Meer oor:  Prins Philip  |  Britse Koninklikes  |  Hartoperasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.