Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Philip op sy 100ste vereer met prag-roos

Prins Philip, ontslape eggenoot van koningin Elizabeth, sou Donderdag sy 100ste verjaardag gevier het.

’n Roos wat na die prins genoem is, is verlede week deur die Royal Horticultural Society by Windsor-kasteel aan die koningin oorhandig.

Die roos wat na prins Philip, hertog van Edinburg genoem is, is verlede week aan koningin Elizabeth oorhandig. Foto: Twitter/The Royal Family

Buckingham-paleis het Woensdagaand, op die vooraand van wat die hertog van Edinburg se 100ste verjaarsdag sou gewees het, nuus oor die roos op sosiale media gedeel.

Die koningin het verlede week in ’n gemaklike rok met ’n trui en ’n sonbril op in die roostuin neffens Windsor-kasteel die roos in ontvangs geneem.

’n Deel van die verkope van die roos sal aan prins Philip se stigting, die hertog van Edinburg-pryse, geskenk word. Foto: Twitter/The Royal Family

’n Deel van die verkope van die hertog van Edinburg-roos sal aan die hertog van Edinburg-pryse geskenk word.

Philip het die hertog van Edinburg-pryse 65 jaar gelede begin en sy rol word nou deur sy en die koningin se jongste seun, prins Edward, oorgeneem. Die hertog van Edinburg-pryse is ’n program waaraan jong mense kan deelneem en met buitemuurse aktiwiteite ’n goue, silwer of bronsmedalje kan wen.

Edward sal ná die afsterwe van die koningin ook sy pa se titel as hertog van Edinburg oorneem.

Philip is op 9 April in Windsor-kasteel oorlede met die koningin, Edward en sy vrou, Sophie, die gravin van Wessex, langs sy sterfbed.

Die koningin was informeel aangetrek vir die stappie in die roostuin neffens Windsor-kasteel. Die roostuin is nou ook oop vir besoekers aan die kasteel. Foto: Twitter/The Royal Family
Meer oor:  Koningin Elizabeth  |  Prins Philip  |  Britse Koninklikes  |  Vereer  |  Royals  |  Verjaarsdag  |  Roos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.