Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins Philip weer geskuif ná hartoperasie

Die Ysterhertog doen sy naam gestand.

Die 99-jarige prins Philip is Vrydagmiddag, twee dae ná sy hartoperasie, terug na die King Edward VII-hospitaal in Londen.

Die hertog van Edinburg is vroeër die week van dié hospitaal na die private St. Bartholomew-hospitaal gebring om sy hart te monitor en te rus. St. Barts het een van die beste kardiovaskulêre eenhede in Brittanje.

Buckingham-paleis het Woensdag in ’n verklaring gesê Philip het suksesvolle hartchirurgie ondergaan. Daar is nie uitgewei oor presies watter prosedure hy ondergaan het nie, maar toe hy Maandag van die King Edward VII-hospitaal verskuif is, is gesê hy word vir ’n onderliggende hartprobleem behandel. Die prins het in 2011 ’n stent gekry weens ’n verstopte koronêre aar. Toe is hy per helikopter na die Papworth-hospitaal in Cambridge geneem.

Kommer het twee weke gelede toegeneem toe prins Charles sy pa in die King Edward VII-hospitaal besoek het.

’n Duidelik emosionele Charles is ná die besoek gesien waar hy in sy motor sit met trane in sy oë.

Prins Philip
Prins Philip in Desember 2019. Foto: Reuters

Charles is tot dusver die enigste lid van die koninklike gesin wat – volgens die media wat buite albei hospitale uitkamp – die hertog besoek het.

Prins William, prins Edward en Camilla, hertogin van Cornwall, het tydens openbare verpligtinge op vrae van joernaliste gesê hulle hou almal duim vas vir die prins. Camilla het vroeër Woensdag gesê die behandeling is pynlik.

Philip is op 16 Februarie na die King Edward VII-hospitaal geneem vir wat die paleis beskryf het as waarneming en om te rus. Volgens bronne het die prins self by die hospitaal ingestap. Weens die streng inperkingsmaatreëls in Brittanje word hospitaalbesoeke net in uitsonderlike gevalle toegelaat.

Personeel het Maandag by ’n syingang na die hospitaal groot sambrele opgemaak om te keer dat foto’s geneem word van Philip waar hy in die ambulans gelaai word.

Philip, wat in 2017 sy uittrede aangekondig het, het sedertdien gebly in Wood Farm, ’n gemaklike kothuis op die koninklike landgoed Sandringham in Norfolk.

Hy is sedert Maart verlede jaar saam met koningin Elizabeth en ’n handvol personeellede feitlik in afsondering in Windsor-kasteel. ’n Koninklike borrel is om die bejaarde koninklikes geskep om hulle teen Covid-19 te beskerm.

Hulle het wel in Augustus vir hul gebruiklike jaarlikse vakansie na Balmoral in Skotland vertrek, maar is daarna teruggebring na Windsor-kasteel.

Philip, wat in Junie sy 100ste verjaarsdag vier, is die langslewende nasaat van koningin Victoria.

Meer oor:  Prins Philip  |  Hartoperasie  |  Hertog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.