Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins uit kantoor in paleis geskop

Prins Andrew is gedwing om sy kantoor uit Buckingham-paleis te skuif weens die Jeffrey Epstein-seksskandaal, berig The Times.

Die prins het volgens E!News baie van die werk vir sy private liefdadigheidsorganisasie Pitch@Palace in die paleis gedoen.

’n Woordvoerder van die Buckingham-paleis sê die hertog van York kyk hoe hy sy werk vir Pitch@Palace buite die paleis kan voortsit.

Dié skuif volg enkele dae nadat prins Andrew aangekondig het hy gaan sy koninklike verpligtinge voorlopig laat vaar weens die “groot ontwrigting” wat veroorsaak is deur sy onderhoud met die BBC.

BBC News Night het op 16 November ’n onderhoud uitgesaai waarin prins Andrew bewerings bespreek het deur Virginia Roberts dat sy as 17-jarige deur Epstein, ’n veroordeelde seksoortreder, gedwing is om drie keer seks met die prins te hê. Hy het die bewerings ten sterkste ontken.

Die onderhoud is as “rampspoedig” bestempel en die prins moes sedertdien die gevolge die hoof bied.

Hy is gevra om uit te tree as kanselier en beskermheer van universiteite en verskeie liefdadigheidsorganisasies.

Die regsverteenwoordigers van Epstein se slagoffers het hom ook gevra om saam te werk om die waarheid vas te stel.

Adv. Lisa Bloom, wat vyf van Epstein se slagoffers verteenwoordig, het gesê “ons glo niemand is bo die reg verhewe nie en almal moet vrae beantwoord as hulle relevante inligting het – en hy het duidelik relevante inligting.”

Meer oor:  Prins Andrew  |  Jeffrey Epstein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.