Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prins William volg grootouers as beskermheer op

Prins William het Maandag die beskermheer van die organisasies Fauna & Flora International (FFI) en die British Trust for Ornithology (BTO) geword.

Hy volg sy grootouers hierin op.

Koningin Elizabeth was vir byna sewe dekades die beskermvrou van die FFI. Dié organisasie bestaan sedert 1903 en is die oudste internasionale natuurbewaringsorganisasie.

prins william
Prins William Foto: Getty Images

Dit fokus op die bewaring van biodiversiteit. Dit beskerm ook bedreigde spesies en ekosisteme wêreldwyd.

Prins Philip was vir langer as drie dekades die beskermheer van die BTO. Die prins se belangstelling in ornitologie spruit uit ’n reis wat hy in 1956 op die koninklike jag Britannia tussen Nieu-Seeland en Antarktika meegemaak het en waar hy seevoëls begin afneem het.

Die BTO mik daarna om gemeenskappe toe te rus om endemiese voëlspesies en hul natuurlike habitat te bewaar om te verseker hulle bly vir volgende generasies behoue. Dit skep ook bewustheid dat die natuur voordele inhou vir die mens se gesondheid en welstand.

Die inligtingsdiens Rare Bird Alert sê in ’n verklaring dit is vir baie mense ’n verrassing dat prins William beskermheer van die BTO word aangesien hy patryse en fisante jag.

Vir dié jagtogte word sowat 57 miljoen fisante en ander voëls per seisoen op die Britse platteland vrygelaat.

Die Royal Society for the Protection of Birds (RSPB) het dié praktyk reeds gekritiseer omdat dit grootskaalse beskadiging van die omgewing inhou. Die RSPB het ook gevra vir beter regulasies in dié bedryf, luidens Rare Bird Alert se verklaring.

Die BTO antwoord in ’n verklaring die beskermheerskap wys op die noue verbintenis van twee van die hertog se belangstellings: Steun aan gemeenskappe om hul omgewing vir toekomstige generasies te bewaar en om kinders te help om hul vaardighede, selfbeeld en drome te bou.

Dr. Andy Clements, BTO se uitvoerende hoof, sê hy is verheug dat die hertog van Cambridge in sy oupa se voetspore volg.


Meer oor:  Prins William
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.