Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prinses Anne se seun skei

Koningin Elizabeth van Brittanje is glo ontsteld oor nóg ’n egskeiding in die koninklike familie.

Dié keer haar gunstelingkleinseun, Peter Phillips, en sy vrou, Autumn.

Peter Phillips, koningin Elizabeth van Brittanje se oudste kleinkind, en sy vrou, Autumn. Die egpaar het aangekondig hulle gaan skei. Foto: Verskaf

Phillips (42) is die koningin se oudste kleinkind. Hy is die seun van prinses Anne en haar eerste man, kapt. Mark Phillips.

The Sun berig die egskeidingsgeding is deur Autumn (41) aanhangig gemaak en dat dit Phillips “geskok” het. Hulle is 12 jaar getroud.

In ’n verklaring wat namens die egpaar uitgereik is, sê hulle hulle sal gesamentlike toesig oor hul twee minderjarige kinders hê, berig die BBC.

Die egskeiding is die “beste plan van aksie vir hul kinders en vir hul volgehoue vriendskap”, lui die verklaring.

Die paartjie het reeds verlede jaar die situasie aan die koningin en die koninklike familie verduidelik.

Albei hul families is “hartseer”, maar ondersteun hulle ten volle.

Autumn, ’n Kanadees, was voor haar troue ’n bestuurskonsultant. Hulle is in 2008 in die St. George-kapel by die Windsor-kasteel getroud

Meer oor:  Autumn  |  Brittanje  |  Koninklikes  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.