Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prinses Beatrice is verloof

Prinses Beatrice en haar kêrel, Edoardo Mapelli Mozzi, het vroeër vandeesmaand verloof geraak.

Die 31-jarige dogter van prins Andrew en Sarah, die hertogin van York, het in Italië verloof geraak aan die 34-jarige eiendomsontwikkelaar, berig die BBC.

Volgens The Telegraph sal die troue in 2020 plaasvind, maar geen ander besonderhede is bekend nie.

Die paartjie het ’n verklaring deur Buckingham-paleis uitgereik wat lui: “Ons is baie bly om die nuus van ons onlangse verlowing te deel. Ons is albei so opgewonde om saam hierdie lewensavontuur te begin en kan nie wag om getroud te wees nie. Ons deel soveel soortgelyke belangstellings en waardes en ons weet dat dit ons in ’n goeie plek sal hou vir die komende jare, vol liefde en geluk.”

Sky News berig Beatrice se verloofde was eers ’n familievriend voordat hulle einde 2018 ’n verhouding aangeknoop het. Mozzi het ’n tweejarige seun uit ’n vorige verhouding.

Dit is Beatrice se eerste verhouding sedert sy en David Clark hul verhouding in 2016 beëindig het.

Beatrice se jonger suster, prinses Eugenie, het in Oktober 2018 met haar jare lange kêrel getrou. Sy het die verloofde paartjie op Instagram geluk gewens.

“Ek is so bly vir jou, my liefste groot sussie en liewe Edo,” sê sy.

Beatrice se ma het ook op Twitter haar goeie wense vir die paartjie uitgespreek.

“Ek weet wat ’n ma voel, so ek het trane van vreugde. Ek is so trots op hierdie nuus. Andrew en ek is net die gelukkigste mense ooit om twee goeie skoonseuns te hê.

Beatrice is negende in die ry om die kroon te bestyg.”




MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.