Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prinses Charlene bly in SA weens keelinfeksie

Prinses Charlene van Monaco kan Suid-Afrika nie verlaat nie nadat sy ’n oor-, neus- en keelinfeksie opgedoen het.

Die koninklike paleis van Monaco het bevestig dat die voormalige Olimpiese swemmer, wat met prins Albert van Monaco getroud is, die infeksie opgedoen het op besoek aan Suid-Afrika om bewusmaking oor renosterstropery te skep.

Prinses Charlene van Monaco. Foto: Getty Images

Volgens die paleis mag die prinses nie reis nadat sy siek geword het nie.

Die koninklike – wat oorspronklik van Zimbabwe afkomstig is, maar in Suid-Afrika grootgeword het nadat haar gesin in 1989 hierheen verhuis het – is veronderstel om Sondag die Monaco F1 Grand Prix-wedren in Monte Carlo by te woon. Sy het haar “beste wense” gestuur aan almal wat by die wedren betrokke is.

Die prinses het, voordat sy siek geword het, toegekyk hoe veldwagters renosters vanuit ’n helikopter verdoof om hulle te onthoring om stropery te voorkom.

“Die krisis het byna 10 000 Afrika-renosters van ons pragtige aarde af gesteel,” sê die prinses in ’n verklaring. “As ons hierdie ongelooflike diere van uitwissing wil red, moet ons iets doen. Ons kan dit nie bekostig om meer te verloor nie.”

Prinses Charlene het ook in die verklaring gesê sy is passievol daaroor om ’n rol te speel om renosters te red en haar vir hul saak te beywer. News24

Meer oor:  Prinses Charlene  |  Siek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.