Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prinses Charlene eers einde Oktober terug na Monaco

Prinses Charlene, wie se kort verblyf in Suid-Afrika na ’n maande lange verblyf uitgerek het, sal eers einde Oktober na Monaco kan terugkeer.

In ’n onderhoud met Radio 702 sê sy dit is vir haar erg om nie die huidige Europese somer saam met haar tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella deur te bring nie. Sy sê dit is die langste wat sy nog van haar en prins Albert se kinders en Europa weg was.

Albert en die kleingoed het al ’n slag kom kuier en sal weer voor einde Oktober by Charlene in KwaZulu-Natal ’n draai maak.

Prinses Charlene en prins Albert van Monaco op 1 Julie 2011 nadat hulle tydens ’n burgerlike plegtigheid in die eg verbind is. Foto: Getty Images

Die 43-jarige prinses is reeds sedert middel-Mei in Suid-Afrika. Sy het ’n ernstige oor-neus-en-keelinfeksie opgedoen en moes in Junie daarvoor geopereer word. Die genesingsproses kan nie aangejaag word nie, sê Charlene in die onderhoud met Mandy Wiener. “Ek kan nie hoër as 3 000 m vlieg nie, so ek het die tyd gebruik om my stigting in Suid-Afrika op die been te bring. Ek het ook die geleentheid gehad om meer oor Suid-Afrika te verstaan – die omgewing en wat nodig is.”

Charlene het aanvanklik vroeër vanjaar na die land gereis om haar op die bewaring van renosters toe te spits en het foto’s van haar werk op haar Instagram-profiel geplaas. Sy het in die onderhoud gesê sy sal graag dat haar kleinkinders eendag ’n renoster in lewende lywe kan sien, maar dat die wêreld sal moet verenig om dié dier van uitwissing te red.

Op Wiener se vraag of sy na Japan sou reis vir die huidige Olimpiese Spele, het Charlene nee geantwoord. Albert is wel tans in Tokio.

Die prinses se siekte het haar selfs haar en Albert se tiende huweliksherdenking op 2 Julie vanjaar laat misloop. Sy en die Pienk Paleis van Monaco het egter gereeld video’s op hul sosialemediaplatforms geplaas om dié gelukkige dag tien jaar gelede te herdenk.

Prinses Charlene gesels elke dag met haar tweeling op Facetime en het dié foto van haar wat met prinses Gabriella praat, op Instagram geplaas. Foto: Instagram/hshprincesscharlene

Meer oor:  Monaco  |  Prinses Charlene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.