Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prinses Charlene en SA bekendes help in pandemie

Die Prinses Charlene Stigting van Monaco Suid-Afrika het talle Suid-Afrikaanse bekendes en wêreldwye nieregeringsorganisasies nadergetrek in sy inisiatief om lewens te red, mense te inspireer en gemeenskappe te help.

Die “#strongtogether Celebrity Challenge”, wat Dinsdag begin is, sal tot 9 Junie duur.

Die simbool, “#strongtogether”, beteken eenheid en solidariteit – twee dinge wat prins Albert II van Monaco, wat in Maart die Covid-19-virussiekte opgedoen en sedertdien herstel het, aanmoedig.

Prinses CharleneFoto: Verskaf

Sy vrou, prinses Charlene, die voormalige Zimbabwies Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer, sê haar stigting het die inisiatief in Suid-Afrika bekend gestel om hoop te gee en hulp te verskaf aan mense wat deur die pandemie geraak word.

As deel van die inisiatief word bekendes gevra om mekaar uit te daag om die grootste bewusmaking te skep en geld vir liefdadigheid in te samel.

Bekendes soos Bryan Habana, Kurt Darren, Jeannie D, Melinda Bam, Gareth Cliff, Terence Parkin, Victor Matfield, Juandre Kruger, Kefilwe Mabote, Margaret Hirsch, Louis Oosthuizen en Angelique Gerber Potgieter is deel van die inisiatief.

Die bekendes sal hul aanhangers aanmoedig om ’n positiewe verandering in hul gemeenskappe teweeg te bring terwyl hulle vir die liefdadigheidsorganisasie van hul keuse, sowel as vir die stigting geld insamel.

Daar is ook ’n gelukkige trekking waarmee mense ’n kans staan om ’n twee kaartjies na die Monaco-Grand Prix in 2021 te wen of om ’n vyf dae lange verblyf in die Etali Safari Lodge in Madikwe in Suid-Afrika los te slaan. Die stigting sal die opbrengs van die kaartjieverkope aan liefdadigheid skenk.

Die prinses, wat ook ’n ma is, het die stigting begin om skoolgaande kinders te leer swem, hulle vaardighede oor waterveiligheid te leer en opleiding te verskaf aan omstanders om drenkelinge te red en by te bring.

Mense wat die #strongtogether-inisiatief ondersteun, sal onder meer help om duisende maskers te skenk aan mense wat dit benodig. Die stigting het reeds hulp aan mense oral in Afrika, Asië en Europa verleen.

Die publiek kan hul gunsteling-bekende ondersteun deur ttps://pcmfsa.com/ambassadors/ te besoek

Prinses Charlene Stigting van Monaco Suid-Afrika

In Suid-Afrika het die stigting sportprojekte in Kaapstad, KwaZulu-Natal en Gauteng vir duisende minderbevoorregte jong mense uit verskeie gemeenskappe begin.

Meer oor:  Prinses Charlene  |  Koronavirus-Pandemie  |  Bekendes  |  Bystand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.