Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prinses Charlene gaan ‘uitdaging’ in SA hou

Dit is altyd lekker om tuis te wees, het prinses Charlene van Monaco Woensdagoggend in Johannesburg gesê.

Prinses Charlene van Monaco kom by Emperors Palace in Johannesburg aan. Foto: Deaan Vivier

Sy het op dié geleentheid bekend gemaak dat sy volgende jaar in Februarie ’n “waterfietsuitdaging” in Suid-Afrika sal hou. Sy het nie uitgewei oor wat dié uitdaging behels nie.

“Toe ek nog geswem het, het ek die geleentheid gehad om die wêreld vol te reis, maar ek het altyd gevoel ek het die verantwoordelikheid om terug te gee aan Suid-Afrika,” sê sy.

Sy sê haar liefdadigheidsorganisasie, die Prinses Charlene van Monaco-stigting, is in 2012 begin en fokus op veiligheid in die water.

Sy sê sy is ook in Suid-Afrika om te luister na die gedenklesing as deel van die Nelson Mandela-eeufeesvieringe.

Haar Suid-Afrikaanse familielede was Woensdagoggend ook op die geleentheid teenwoordig.

Die prinses het saam met bewonderaars en rolspelers van verskeie liefdadigheidsorganisasies vir foto’s geposeer.

Prinses Charlene van Monaco het Woensdagoggend kinders ontmoet toe sy haar liefdadigheidsorganisasie bekend gestel het. Foto: Deaan Vivier
Prinses Charlene stel haar liefdadigheidsprojek Woensdagoggend in Johannesburg bekend. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Prinses Charlene  |  Monaco  |  Johannesburg  |  Mandela100
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.