Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Prinses Eugenie is swanger!
Prinses Eugenie op haar troudag in Oktober 2018. Foto: Getty Images

Die nuus is uiteindelik amptelik bevestig! Prinses Eugenie en haar man, Jack Brooksbank, se eersteling word vroeg in 2021 gebore.

Koninklike kommentators gis al vir maande oor ’n moontlike swangerskap nadat Eugenie in Augustus met haar aankoms op Balmoral met ’n effense ronde magie gesien is.

Prinses Eugenie is Woensdagaand saam met haar ouer suster, prinses Beatrice (agter), uit, en het met haar handsak haar maag probeer wegsteek. Foto: Getty Images

Sy het met ’n geskenk haar maag probeer bedek, maar die tonge het reeds op Twitter begin klap. Nadat sy verlede week in Londen afgeneem is waar sy in ’n gemaklike rok en tekkies inkopies gedoen het, het kommentators net gewag vir die paleis se bevestiging.

Dit sal haar omstrede pa, prins Andrew, en sy gewese vrou, Fergie, se eerste kleinkind wees.

Die amptelike aankondiging. Foto: Verskaf

Eugenie en Jack is in Oktober 2018 in die St. George-kapel in Windsor getroud.

Die kleinding sal nie ’n prins of prinses wees nie omdat Brooksbank geen koninklike titel het nie.

View this post on Instagram

Jack and I are so excited for early 2021....????

A post shared by Princess Eugenie (@princesseugenie) on

Meer oor:  Prinses Eugenie  |  Jack Brooksbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.