Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Radio Raps-man en sy vrou skei

Die grapjas Rikus de Beer wat bekend is vir sy rol as Jonathan in die Radio Raps-program en sy vrou, Kaylee, se paaie het geskei.

Die huwelik is ná ’n jaar en vyf maande op die rotse.

Rikus de Beer.
Kaylee de Beer.

Zinta Kymdell, De Beer (34) se agent, het Dinsdag bevestig dat egskeidingsdokumente by die hof ingedien is.

“Dit kom ná ’n lang, maar stil skeiding. Hul naaste familie en vriende weet dat die egskeiding glad verloop.”

Kymdell sê Rikus en Kaylee (25) gee steeds baie om vir mekaar en die skeiding “is uiteraard ’n sensitiewe en emosionele tyd vir hulle”.

“Hulle wens is om die nuwe seisoen in hul lewe privaat te hou. Dit is ’n uiters persoonlike en private aangeleentheid en geen kommentaar sal verder oor die egskeiding gegee word nie,” sê Kymdell in ’n kort mediaverklaring.

De Beer is ’n akteur en komediant en het in 2014 gewild geraak op YouTube met sy reeks Radio Raps.

Kaylee het hom in Mei en Junie 2017 bygestaan toe hy by die dood omgedraai het weens ernstige gesondheidsprobleme. Hy was lank in die waakeenheid van ’n hospitaal in Pretoria nadat daar onder meer galstene verwyder is wat sy lewer en pankreas aangetas het. Hy het ook ’n onderliggende hartkwaal.

Rikus en Kaylee is op 25 November 2017 by die Harmonie Proteas-proteaplaas in Hartbeesfontein getroud.

Die egpaar se klere is deur Diaan Daniels, bekende modeontwerper, gemaak. Kaylee het in ’n wasige ligpienk rok na die kansel gestap.

Rikus het onlangs ’n sportkroeg, Hennie’s Sports Bar, in Pretoria geopen. Hy het dit vernoem na een van sy bulterriërs, Hennie. Die egpaar het nie kinders nie.

Die laaste episode van die tweede reeks van Radio Raps Show is Vrydagaand op VIA uitgesaai.

Meer oor:  Rikus De Beer  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.