Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Réan se Rox-Zee koer op Instagram
Rox-Zee Veldhuizen (27) se foto op Instagram, waar sy op die been sit van ’n aantreklike donkerkopman. Sy brei nie uit oor wie hy is nie.Foto: Instagram

Rox-Zee Veldhuizen (27) van Boer soek ’n vrou-faam het ’n nuwe lewe in Kaapstad begin. Sy het ’n foto van haar en ’n donkerkopman op Instagram gedeel, waar sy knus op sy been sit en breed glimlag.

Byna 3 000 aanhangers het reeds op Instagram aangedui dat hulle van dié foto hou.

Die donkerkopman is later geïdentifiseer as JJ Stander wat, volgens sy Facebook-profiel, van Piketberg afkomstig is.

Twee maande gelede het Rox-Zee erken sy is steeds lief vir Réan Clasen, die boer aan wie sy verloof geraak het nadat hulle in die 11de reeks van die kykNET-werklikheidsreeks gekliek het.

Wees versigtig – dié foto is in ’n hysbak met spieëls geneem, het Rox-Zee Veldhuizen (27) gewaarsku toe sy dié foto op Instagram geplaas het. Foto: Instagram

Dié verlowing het nie gehou nie, maar Rox-Zee het erken dat ’n mens nie sommer net die liefde kan afskakel nie.

Sy het onlangs bekend gemaak dat sy vroeg in Julie na Kaapstad sou verhuis.

Sy het geheimsinnig die foto van haar en die man gedeel, maar ontken dit is haar kêrel.

Sy het onlangs ook ’n foto geneem waar dit lyk asof sy ’n ring aan haar ringvinger het. Sy waarsku egter dat dié selfie in ’n hysbak geneem is waarin daar spieëls is. Dit is dalk net ’n illusie dat sy die ring aan die “regte” vinger het.

Stander sê by navraag hy is nie Rox-Zee se kêrel nie. “Nee, niks so iets nie. Ons is net vriende.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.